advertisement
Question
Posted by: Martjie | 2009-01-13

Water Retensie

Hi,
Ek is n 42 jarige vrou en het n vreeslike probleem met water retensie. In die oggende as ek wakker word kan ek soms skaars uit my oe uit sien so geswel is hulle. My enkels en hande swel ook geweldig  in so n mate dat my ringe en skoene nie pas nie.
Ek kry erg hoofpyn daarvan en alhoewel ek gesond eet en oefen, sukkel ek met my gewig. Wanneer die water retensie erg is tel ek vreeslik vinnig gewig op.
Ek drink 8 glase (2 liter) water per dag en is op medikasie (amiloretic) wat help, maar ek so graag wil weet wat die OORSAAK hiervan kan wees. Dit lyk asof dit al hoe ERGER raak.
Behalwe vir die water probleem is ek baie gesond.
Dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marjie
Die rede vir erge vogretensie is baie keer agv hartprobleme ( soos 'n lekhart of geringe hart versaking) lae proteiene in jou bloed ( kan met bloedtoets getoets word) of niersiektes soos nefrose. Vra jou dokter om te kyk of hy nie 'n rede hiervoor kan kry nie of vra hom om jou na 'n internis te verwys. Dit klink nie normaal nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement