advertisement
Question
Posted by: Martie | 2008/10/28

Water inname

Is dit baie sleg vir ' n mens om meer as 2L vloeistof/water per dag in te neem? Gedurende die somer drink ek gewoonlik meer as 2L water per dag (uitgesluit ander vloeistof soos byvoorbeeld tee en koeldrank) aangesien ek in ' n baie warm deel van die land woon en dors voel. Ek het gelees dat u sê  dit nadelig is om te veel vloeistof in te neem aangesien dit ' n elektroliet wanbalans kan veroorsaak. Maar is dit nie reg om na mens se liggaam te luister en water te drink wanneer jy dors voel nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Martie
Prof Tim Noakes, die sportvoedingdeskundige by die Universiteit van Kaapstad het onlangs vir ons in 'n lesing genoem, dat selfs maraton atlete wat in ons SA somers draf, net moet luister na hul 'dors' en nie oormatig water drink nie - net genoeg om die dors te les. Daar is selfs gevalle van maraton atlete wat gesterf het a.g.v. elektrolietuitputting veroorsaak deur 'n te hoë waterinname. Kyk of jy by 2,5 liter vloeistof (water en al die ander drankies saam) kan bly. As jy wel meer gaan drink, moet jy 'n verdunde elektrolietoplossing soos Game wat dubbel verdun is, drink om die kalium en natrium in jou liggaam weer aan te vul.
Matigheid is altyd die beste
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement