advertisement
Question
Posted by: Marileze | 2010/11/16

Water in ore met T-buise

Hello Dr,

Kan u asb vir my sê  wat is die gevolge van water in ''n grootmens se oor, as die grootmens pypies (t-buise) in het. Ek het ongeveer 2 jaar terug die buise gekry en onlangs gevoel in die regter oor verloor as gevolg van water wat ingegaan het. My ENT is in Pretoria en ek is 400km van hom af en mag nooit verlof kry nie - dis vir my baie moeilik om daar uit te kom, maar wat moet ek nou doen??

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Marileze

Water in die oor is nie skadelik nie, solank die bron skoon was. Dit is egter noodsaaklik dat dit dreineer, aangesien water wat nie uitkom nie mag lei tot infeksie. Dit mag behandel word met druppels. Dit bekommer my egter dat jy noem dat die "gevoel" in die oor weg is, ek sal tog aanbeveel dat jy by die dokter uitkom. As dit ontmootlik is, mag jy baat by die droogmaak van die oor, maar jou huisdokter moet maar help.
Ek vind dit raar dat jou werk jou nooit mag verlof gee nie, dit klink nie wettig nie, probeer maar dan 'n verwysing deur jou huisdokter kry.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Marileze | 2010/11/26

Hallo ENT Expert, baie dankie vir die raad - ek is ook bekommerd en sal plan maak. Raar maar waar... my baas is nie ''n tiran nie, maar kan nie sonder my nie, daar is altyd een of ander krisis. Die misbruik sal ook moet end kry anders gaan ek ''n psigiater nodig he.

Reply to Marileze

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement