advertisement
Question
Posted by: Tess | 2012-04-11

Water

Goeie dag
Ek sukkel baie om my ''mind set'' reg te kry om gesond te eet want die slegte vetmaak kosse is tog so lekker. Ek weet hoe om gesond te eet maar dis bitter moeilik, veral as my man nie saam my gesond wil eet nie. Ons eet meeste van die tyd take aways oor ons te laat by die huis kom anders maak ek gesonde kos. Ek kry gewoonlik nando''s burger of hoender sonder vel en ''n mielie of kfc se klein pops en mash &  gravy. Ek het 15kg verloor oor 2 jaar tydperk wat min is en wil nog ''n verdere 15kg verloor maar hoe kry ek myself om gesond te eet en lus te wees om gesond te eet? Drink net appletizer en aanmaak koeldrank maar net 500ml water ''n dag want ek hou niks van water nie. In die aand maak ek vir my ''n koppie warm milo. Is dit ''n MOET om 8 glase water ''n dag te drink om gewig te verloor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tess
Eerstens baie geluk dat jy al 15 kg verloor het met 'n verstandige houding en dit nogal sonder die samewerking van jou man! Mooi gedaan. Dit is nie nodig om liters water te drink in die hoop dat dit tot gewigsverlies sal lei. Volwassenes het 2,5 liter VLOEISTOF per dag nodig om normaal en gesond te fungeer, dus as jy in totaal 2,5 liter vloeistof (tee, koffie, water, melk, vrugtesap, ens, ens,) inkry, dan sal jy gesond wees. Baie verklankingsorganisasies moedig mense aan om so baie water te drink omdat dit tot 'n mate die maag vol maak en die persoon minder honger laat voel, MAAR dit kan baie gevaarlik wees, want oormatige water- of vloeistofinname kan mens baie siek maak a.g.v. elektrolietuitputting -sommige mense is al dood weens oormatige vloeistofinname. Jy kan gerus ook bietjie oefening by jou verslankingsprogram voeg om daardie laaste 15 kg te verloor. Koop 'n tou en spring elke dag vir 15 min tou - op enige plek en enige tyd. Dit sal 'n verskil maak.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-04-11

Beste Tess
Eerstens baie geluk dat jy al 15 kg verloor het met 'n verstandige houding en dit nogal sonder die samewerking van jou man! Mooi gedaan. Dit is nie nodig om liters water te drink in die hoop dat dit tot gewigsverlies sal lei. Volwassenes het 2,5 liter VLOEISTOF per dag nodig om normaal en gesond te fungeer, dus as jy in totaal 2,5 liter vloeistof (tee, koffie, water, melk, vrugtesap, ens, ens,) inkry, dan sal jy gesond wees. Baie verklankingsorganisasies moedig mense aan om so baie water te drink omdat dit tot 'n mate die maag vol maak en die persoon minder honger laat voel, MAAR dit kan baie gevaarlik wees, want oormatige water- of vloeistofinname kan mens baie siek maak a.g.v. elektrolietuitputting -sommige mense is al dood weens oormatige vloeistofinname. Jy kan gerus ook bietjie oefening by jou verslankingsprogram voeg om daardie laaste 15 kg te verloor. Koop 'n tou en spring elke dag vir 15 min tou - op enige plek en enige tyd. Dit sal 'n verskil maak.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement