advertisement
Question
Posted by: Ronella | 2012/02/10

Wat nou?

Ek is 49, gesond en het geen mediese geskiedenis, gewig normaal, stap 2 x p.w. 12 km.
Ek het nog altyd baie lae energievlakke gehad en ''n gebrek aan konsentrasie en dryfkrag. Hierdie simptome het egter die laaste paar jare vererger. Ek raak vir geen rede so moeg dat ek nie my oe kan oophou nie. Ek het geen energie nie, alles le soos ''n berg voor my, alles is moeite, ek is lus vir niks en ek kan nie deur die dag kom sonder ''n middagslapie nie. Saans 9.00 kan ek nie wag om bed toe te gaan nie. Ek het geen depressiewe gevoelens nie, maar ek raak net so gefrustreerd dat alles vir my soveel moeite is! Ek het soveel planne, maar ek het absoluut net geen krag om enigiets te doen nie. Ek was September 2011 vir my jaarlikse ginekologiese ondersoek en volledige bloedtoetse, maar alles was normaal. Dokter skryf simptome toe aan moontlike hormoonwanbalanse alhoewel die hormoontellings baie goed gelyk het vir my ouderdom en sy het Femolene Ultra voorgeskryf. Uit desperaatheid (en heeltemal teen my aard) het ek my seun se Concerta 36mg vir 5 dae gebruik. Dit was asof ''n nuwe wereld vir my oopgegaan het! Skielik het ek al hierdie energie, my doelwitte word behaal, niks is vir my moeite nie, ek bak koek, doen naadwerk, speel bal saam met die kinders en verkeer meer sosiaal en die lewe is ''n fees! My vraag is wat nou? Moet ek ''n neuroloog gaan sien teen R800? Sal n GP my kan help? Is daar ander medikasie beskikbaar wat dieselfde uitwerking gaan he?
Baie dankie vir u raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ronella

Ek stel voor dat jy wel 'n psigiater konsulteer om vas te stel of jy volwasse aankoms van Aandagafleibaarheid Hiperaktiwiteit sindroom het. Indien Concerta so 'n groot verskil teweeg gebring het, is dit wel moontlik dat jy hierdie sindroom het.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement