advertisement
Question
Posted by: chanre | 2012/04/23

wat kan my dogtertjie eet

Hallo Doc, ek is raadop en soek hulp. my 5 jarige dogtertjie wil nie eet nie. Sy wil geen groente en vrugte eet nie, sy wil ook net sekere vleis eet. As n voorbeeld het ons gister die volgende geeet. Ontbyt graan en jogurt. Vir middagete het ons gekookte varkvleis, aartappels, boontjies en wortels geeet, en sy wou niks van dit eet nie. Vir aandete het ons sop geeet en sy het n halwe koppie hoender noedel sop gedrink. Sy peusel ook nie sommer tussendeur nie. Ek het n artikel in 2 maande terug se Sarie gekry wat se waaruit n kind se dieet moet bestaan per dag, maar selfs al maak ek haar kos so wil sy nie eet nie, nie eers haar kosblik by die skool nie. Ek het tot al n aanvulling gekoop wat mens aanmaak wat spesiaal vir fussy eaters is en sy wil dit nie eers drink nie. Sy is gesond, sukkel soms met hardlywigheid, en het n bietjie van n magie, maar sy is aktief en dans een keer n week. enige raad sal waardeer word, want ek wil nie met haar baklei om te eet nie maar ek weet dat sy moet eet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Chandre
Dit is inderdaad baie moeilik as 'n klein kind weier om te eet. Ek wil graag voorstel dat jy haar laat evalueer deur 'n geregistreerde dieetkundige aangesien 'n hele reeks faktore 'n rol kan speel by kinders wat weier om te eet (bv. anoreksie van die kinderjare, fisiese en sielkundige probleme, ens). Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal dan ook aanraai watter toetse jou dogtertjie moet kry sodat julle kan bepaal wat die oorsaak is dat sy nie wil eet nie. Sodra julle dan 'n diagnose het, en jou dogtertjie behandeling ontvang, sal die dieetkundige dan ook vir jou moet help om haar dieet aan te pas dat sy weer gebalanseerd kan eet.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/04/24

Beste Chandre
Dit is inderdaad baie moeilik as 'n klein kind weier om te eet. Ek wil graag voorstel dat jy haar laat evalueer deur 'n geregistreerde dieetkundige aangesien 'n hele reeks faktore 'n rol kan speel by kinders wat weier om te eet (bv. anoreksie van die kinderjare, fisiese en sielkundige probleme, ens). Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal dan ook aanraai watter toetse jou dogtertjie moet kry sodat julle kan bepaal wat die oorsaak is dat sy nie wil eet nie. Sodra julle dan 'n diagnose het, en jou dogtertjie behandeling ontvang, sal die dieetkundige dan ook vir jou moet help om haar dieet aan te pas dat sy weer gebalanseerd kan eet.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement