advertisement
Question
Posted by: Wendel | 2011/08/22

Wat kan ek doen...despiraat

Hi dok.
Ek sit met `n probleem, my verloofde is verslaaf aan Stilnox.
Ek het dit nooit geweet hoe erg hy regtig op die pille is tot nou toe nie.
Hy drink 2 Stilnox pille elke aand 2 ure voor hy gaan slaap, maar vir `n rukkie nou al, vat hy teen slaaptyd weer een en soms 2.
Daar is aande wat hy 5 pille vat of 3 saam met `n Zopimed 10mg.
Dok ek is baie bekommerd, hoe kry hom af van hierdie pil af of wat kan ek doen dat hy minder drink van hierdie pil?
Is dit moontlik dat die pil die lebido kan raak, want ons sekslewe het aan die stilkant geraak vandat hy so baie van die pil drink.
Is daar dalk `n pil wat ek kan aanvra by die apteek wat dieselfde lyk maar nie skade verig nie?
Daar is tye wat hy wakker word 5 uur in die oggend, en dan sommer weer `n Silnox vat net om weer op te staan 7 uur, my hand is al in my hare oor die siuasie.
Asb kan dok my se wat om te doen?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Wendel

Jy is korrek deur te dink dat jou verloofde afhanklik van hierdie medikasie is. Ongelukkig is daar geen medikasie wat ek as plaasvervanger kan voorstel wat oor die toonbank beskikbaar is nie. Hy moet 'n psigiater vir behandeling konsulteer. Jy sal nie op jou eie vir hom kan help nie en dus is dit van uiterste belang dat hy iemand neutraal en met die nodige kennis op hierdie gebied konsulteer. Soos wat hy meer en meer medikasie neem, gaan dit sy slaappatroon totaal ruineer met vele slegte nagevolge.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement