advertisement
Question
Posted by: Jane | 2010/03/02

Wat kan die simptome beteken?

Hallo Dokter Bets

Gisteraand het ek die vreemdste ervaring gehad. Seker so 22.30pm het dit gevoel of my maag wil gaan en ek is toilet toe. Dit het toe gegaan en terwyl ek daar was het ek gedink ek gaan naar word. Ek het toe opgestaan, maar nie naar geword nie. Dit het weer gevoel of my maag wil gaan en toe ek na die toilet gaan het my ore toegeslaan, ek het in skielik totaal en al in sweet uitgeslaan en dit het gevoel asof ek nie in beheer was nie. Asof ek nie bedwelm is of iets. Dit was die aakligste gevoel ooit. Dit is so moeilik om dit presies te beskryf, maar dit was regtig die aakligste gevoel ooit.

Wat kan dit veroorsaak het?
Dankie.
Jane

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jane
Mens noem dit 'n vasovagale senuwee reaksie: jou bloeddruk val, jy raak sweterig en party mense val sommer flou, veral as daar krampe op die maag is. Die Vagus senuwee voorsien die derms en as dit gestimuleer word maak dit jou hart stadiger en veroorsaak ook naarheid en 'n koue klam vel. Dit gebeur redelik algemeen met mense maar is nie regtig gevaarlik nie hoewel baie ongemaklik.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/01/08

goeie middag ek wil graag weet wat kan die oorsaak wees van die volgende simptome. bewerig hart klop baie vining, en voel asof daar lekkerlik 'n slag gemis word. bloeddruk is normaal en suiker is ook getoets en normaal. ek het al gewonder of dit nie maar net stress is nie, maar dit is nou al langer as 'n maand wat dit so maak. enige raad dalk. baie dankie

Reply to Anonymous
Posted by: cyberdoc | 2010/03/02

Hallo Jane
Mens noem dit 'n vasovagale senuwee reaksie: jou bloeddruk val, jy raak sweterig en party mense val sommer flou, veral as daar krampe op die maag is. Die Vagus senuwee voorsien die derms en as dit gestimuleer word maak dit jou hart stadiger en veroorsaak ook naarheid en 'n koue klam vel. Dit gebeur redelik algemeen met mense maar is nie regtig gevaarlik nie hoewel baie ongemaklik.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement