advertisement
Question
Posted by: Lisa | 2012/08/02

wat is lae bloedsuiker en is daar ''n verband met bloedsomloop

Goeie dag,

Ek is nie ''n groot soettand nie, maar raak soms lus vir iets soets. Te veel soetgoed my dodelik moeg, maar ek vind dat biltong dan help, maar ook nie altyd nie. Dit gebeur ook dat ek geweldig honger word en voel of ek gaan flou word. As ek dan bv ''n marmite- of enige ander soutbroodjie eet, help dit. Wanneer is dit hoë  en wanneer lae bloedsuiker? Is daar ''n verband tussen bloedsuikerafwykings en swak bloedsomloop?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lisa
As ek lees wat jy geskryf het, dan wil dit voorkom dat jy moontlik aan lae bloedsuiker ly. Die beste plan is egter om jou te laat toets. Vra jou huisarts om jou vir 'n glukose toleransie toets te stuur sodat albei jou bloedsuiker- en insulienvlakke bepaal kan word. Indien jy wel aan lae bloedsuiker of insulienweerstandigheid ly, sal dit help om 'n lae-GI (glisemiese indeks) dieet te volg. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op 'Diet & Nutrition' is, doen 'n soektog vir 'Diet & Hypoglycaemia' om op te lees oor lae bloedsuiker. Indien jy vind dat die lae-GI dieet moeilik is om toe te pas, dan wil ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n lae-GI dieet. Insulienweerstandigheid en/of diabetes kan wel lei tot swak bloedsomloop, maar by andersins gesonde persone is swak bloedsomloop oor die algemeen meer 'n funksie van te min fisiese aktiwiteit en/of oefening.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: desperado | 2012/08/02

Ek is nou nie ''n dokter nie maar dit klink vir my na lae bloedsuiker. Of eintlik lae bloedruk. (dis mos nie dieselfde ding nie?) Ek het dit ook. Die flou word en die moeg. veral in die middae.
Ek sukkel ook met bloedsomloop in my lae bene en voete.
Ek weet my oupa was ''n diabeet en hy het ook gesukkel met bloedsomloop agv dit.

Dalk moet jy ook jou skildklier laat toets

Reply to desperado
Posted by: DietDoc | 2012/08/02

Beste Lisa
As ek lees wat jy geskryf het, dan wil dit voorkom dat jy moontlik aan lae bloedsuiker ly. Die beste plan is egter om jou te laat toets. Vra jou huisarts om jou vir 'n glukose toleransie toets te stuur sodat albei jou bloedsuiker- en insulienvlakke bepaal kan word. Indien jy wel aan lae bloedsuiker of insulienweerstandigheid ly, sal dit help om 'n lae-GI (glisemiese indeks) dieet te volg. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op 'Diet & Nutrition' is, doen 'n soektog vir 'Diet & Hypoglycaemia' om op te lees oor lae bloedsuiker. Indien jy vind dat die lae-GI dieet moeilik is om toe te pas, dan wil ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n lae-GI dieet. Insulienweerstandigheid en/of diabetes kan wel lei tot swak bloedsomloop, maar by andersins gesonde persone is swak bloedsomloop oor die algemeen meer 'n funksie van te min fisiese aktiwiteit en/of oefening.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement