advertisement
Question
Posted by: MANDY | 2011/09/15

WAT IS DIE NEWE-EFFEKTE VAN ECOTRIN 81 MG

1. Wat is die newe-effekte van Ecotrin 81 mg?
2. Waarom is dit noodsaaklik dat bejaardes Ecotrin neem?

My vader (76) en moeder (77) neem dit. My Vader het in 2005 beroerte gehad waarna hy gedeeltelik herstel het. Hy het ook in 1994 ''n hartomleiding gehad en het hoë  cholestrol waarvoor hy Simvatatin 40 mg gebruik. Hy gebruik ook ander medikasie insluitend bloeddrukpille.


My Moeder is in Januarie 2011 met Adeno gediagnoseer en het Chemo en bestraling ontvang maar ontvang tans geen be-handeling nie. Party oggend kry sy so koud dat sy 5 kledingstukke aan het voordat sy warm word, hou Ecotrin daarmee verband? Ons het vanoggend besluit om die Ecotrin vir ''n ruk te staak om te kyk of die koud kry nie wil beter word nie - wat is u mening in die verband? Sy het ook elke dag verkoue simptome alhoewel sy glad nie verkoue het nie. Hou dit verband met die Ecotrin? Sy gebruik ook ander medikasie. Moeder gebruik ook ''n 1/2 Bisocor 10mg per dag op ons huisdokter se aanbeveling en is die bloeddruk onder beheer.

3.Hoe lank kan die gebruik van Ecotrin gestaak word?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Hi Mandy

Ecotrin is n lae dosis aspirien wat onder meer voorgeskryf word om die risiko van hartaanvalle en beroerte te voorkom.

Brei asb uit water verkoue-simptome jou moeder ervaar. Is dit slegs 'n loop-neus, of is daar ander simptome ook? Wat die koudkry betref - het julle ooit haar temperatuur geneem wanneer sy so koudkry?

Aspirien, alhoewel dit baie raar is, mag rhinitis ('n loop-neus) in sommige pasiente veroorsaak. Daar is ook al gerapporteer dat 'n baie klein groepie (minder as 1%) van mense wat newe-effekte ervaar het met aspirien, ’n verlaging in liggaamstemperatuur ervaar het.

Indien julle enigsins beplan om die Ecotrin te staak, stel ek voor julle gesels eers met haar dokter oor moontlike alternatiewe en die noodsaaklikheid daarvan.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: rubysouw@hotmail.co.za | 2014/10/29

my naam ruby souwitzsky, my medikasie is ecotrin 81mg,ek het drie (stents) in my hartaar in 2005. Die afgelope maande kom ek egter agter dat my vel plooierig raak. Ek wil graag verneem kan dit veroorsaak word met die gebruik van ecotrin. Ek sal U antwoord waardeer. Dankie.

Reply to rubysouw@hotmail.co.za
Posted by: MANDY | 2011/09/21

Hallo Jaco
Ek verwys na jou navraag gedateer 19/9/11
My Moeder ervaar slegs ''n loopneus (soos wanneer ''n mens verkoue of hooikoors het.)
Ons het nog nie haar temperatuur geneem wanneer sy so koud kry nie, ek sal dit gerus ''n bietjie toets. Vandat ons die Ecotrin op 15/9/11 gestaak het, is die koudkry ook iets van die verlede. Hou dit verband?
Dankie vir jou raad. Ek sal tog die aspek met ons GP ook bespreek. Groete

Reply to MANDY
Posted by: pharmacist | 2011/09/19

Hi Mandy

Ecotrin is n lae dosis aspirien wat onder meer voorgeskryf word om die risiko van hartaanvalle en beroerte te voorkom.

Brei asb uit water verkoue-simptome jou moeder ervaar. Is dit slegs 'n loop-neus, of is daar ander simptome ook? Wat die koudkry betref - het julle ooit haar temperatuur geneem wanneer sy so koudkry?

Aspirien, alhoewel dit baie raar is, mag rhinitis ('n loop-neus) in sommige pasiente veroorsaak. Daar is ook al gerapporteer dat 'n baie klein groepie (minder as 1%) van mense wat newe-effekte ervaar het met aspirien, ’n verlaging in liggaamstemperatuur ervaar het.

Indien julle enigsins beplan om die Ecotrin te staak, stel ek voor julle gesels eers met haar dokter oor moontlike alternatiewe en die noodsaaklikheid daarvan.

Reply to pharmacist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement