advertisement
Question
Posted by: tweede keer | 2008/05/27

wat is die kanse

Hallo,

Ek is tans 6 weke swanger met my 2de baba. My 1ste, `n seuntjie is verlede jaar op 31 weke gebore en na 6 dae in die neonatale eenheid is hy oorlede. Die diagnoses was baie en die komplikasies baie....

My vraag nou is wat is my kanse dat dit weer kan gebeur dat ek prematuur in kraam gaan? Ek is 38 jaar oud en ek weet net dat ek ongelooflik bang is dat dit weer kan gebeur.

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Hallo Tweede keer
Daar is ongelukkig altyd 'n kans, selfs al was die eerste swangerskap sonder enige probleme. Die groot vraag is waarom jy in vroee kraam gegaan het? As dit iets soos infeksie was, kan dit moontlik weer gebeur. As dit hoe bloeddruk was kan dit weer gebeur, maar soms glad nie. Spanning dra ongelukkig by tot die verhoogde risiko van premature kraam, so ontspan is baie belangrik. Gaan gereeld vir 'n massering en probeer spanning vermy. Probeer die swangerskap geniet en vat elke dag soos dit kom. Troetel jou ongebore baba, asof daar niks gaan gebeur nie en hanteer. Daar is ongelukkig geen waarborg nie. Baie sterkte. Welma

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Annalie | 2008/07/28

hi julle,
ek is tans 18weke swanger en sukkel met ongelooflik kopsere wat somme tot 2 dae aanhou en dit maak my mal, ek het van nature lae bloeddruk soos 90/60 kan dit dalk so iets wees of moet ek na n ander fout soek? ek het nou al my vitamines ook gelos om te kyk of dit verbeter. kan iemand my help?

Reply to Annalie
Posted by: Nieta | 2008/05/30

My dogtertjie is 2 jaar gelede op 28 weke gebore as gevolg van pre-eklamsie (hoe bloeddruk & proteine in my urine), het 735gram geweeg. Sy gaan nou baie goed aan, is glad nie soos 'n premmie nie. Ek het weer swanger geraak laasjaar en het eers op 38 weke hoe bloeddruk gekry, boeta was ook maar 'n kleinerige baba, het 2.5kg geweeg. Dit is maar 'n 'gamble' wat 'n mens maak om weer swanger te raak, maar jy gaan nie weet as jy nie daai kans vat nie.

Sterkte!!!

Reply to Nieta

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement