advertisement
Question
Posted by: alta | 2010-01-27

wat is die beste diet

hi,
ek is 55, 165cm en weeg 78kg. ek het die afgelope jaar 10 kg gewig aangesit en dit dryf my teen die mure uit. dit voel of ek kan bars as ek hurk ek die rol om die middel druk my wind uit as ek dit waag om vooroor te buig.ek het op ' n " hartstigting dieet"  gegaan en niks verloor nie, ek was by die gp oor my gewigstoename en my hare wat geweldig uitval,en alle toete was gedoen, kon net vind my yster was bietjie laag en my testosterone. ek is op yster aanvulling en het ' n inplanting gehad vir testosterone. al die ander toetse wys als is reg. ek eet nie baie nie. ek is wel baie lief vir vrugte. ek stap op die treadmill en doen my huiswerk self. ek werk voltyds. ek moet iets doen om die gewig af te skud. het jy dalk vir my ' n beproefde dieet wat maklik is om te volg. en in die huisgenoot praat hulle nou oor die metabolisme b probleem en hoe om jou metabolisme weer reg te kan laat werk. wat moet ek doen, ek is raadop en moedeloos gesukkel.
dankie
alta

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Alta
Ek kan verstaan hoekom jy gefrustreerd voel. Toe jy nog 68 kg geweeg het, was jou BMI normaal (25), maar nou is jou BMI = 28,2 wat dui op oorgewig. Dit is 'n bekende feit dat mense neig om gewig op te tel soos hulle ouer word, maar dit is gewoonlik in die orde van 1kg per paar, en Nie 10 kg in een jaar. Is daar enige ander faktore in jou lewe wat verander het in die afgelope jaar wat hierdie toename moontlik veroorsaak het? bv menopouse? of depressie? of neem van 'n nuwe medikasie? Indien dit moontlik depressie is, kan dit jou baie gewig laat optel of verloor afhangende van die individu se reaksie. Indien depressie wel 'n rol speel, wil ek aanraai dat jy 'n kliniese sielkundige spreek om jou te help om hierdie probleem te hanteer. Wat verslankingsdiëte aanbetref, is hierdie nuwe Huisgenoot dieetstorie, alreeds baie jare bekend as 'n lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet. Jy kan of die stappe volg soos uiteengesit in die Huisgenoot of jy kan 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help om hierdie soort lae-GI dieet toe te pas. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Klik ook op 'Diet' op hierdie Webwerf en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI. Hou aan met die oefening want dit sal beslis help.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: tinkerbell | 2010-01-27

Try weighless. The best

Reply to tinkerbell
Posted by: DietDoc | 2010-01-27

Beste Alta
Ek kan verstaan hoekom jy gefrustreerd voel. Toe jy nog 68 kg geweeg het, was jou BMI normaal (25), maar nou is jou BMI = 28,2 wat dui op oorgewig. Dit is 'n bekende feit dat mense neig om gewig op te tel soos hulle ouer word, maar dit is gewoonlik in die orde van 1kg per paar, en Nie 10 kg in een jaar. Is daar enige ander faktore in jou lewe wat verander het in die afgelope jaar wat hierdie toename moontlik veroorsaak het? bv menopouse? of depressie? of neem van 'n nuwe medikasie? Indien dit moontlik depressie is, kan dit jou baie gewig laat optel of verloor afhangende van die individu se reaksie. Indien depressie wel 'n rol speel, wil ek aanraai dat jy 'n kliniese sielkundige spreek om jou te help om hierdie probleem te hanteer. Wat verslankingsdiëte aanbetref, is hierdie nuwe Huisgenoot dieetstorie, alreeds baie jare bekend as 'n lae-vet, lae-GI (glisemiese indeks) dieet. Jy kan of die stappe volg soos uiteengesit in die Huisgenoot of jy kan 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help om hierdie soort lae-GI dieet toe te pas. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Klik ook op 'Diet' op hierdie Webwerf en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI. Hou aan met die oefening want dit sal beslis help.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.