advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2012/10/10

Wat is die beste?

Hallo Dokter

Ek wil asb weet watter een van die volgende is die beste keuse om te eet saam met my aandete, in terme van gewigsverlies:

Bruinrys
Quinoa
Couscous

En dan nog ''n vraag, watter mayonaise kan ek gebruik?
Op die oomblik gebruik ek Trim mayonaise. Is daar ''n beter een?

Baie dankie !
Lizzy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Die 3 stysels wat jy lys het nogal 'n eenders energie-inhoud, volgens die SA Voedseltabelle en data Webwerf inligting, het die bruin rys, die laagste energie-inhoud per 100g (gekook) nl: 464 kJ , gevolg deur couscous 470 kJ, en quinoa met 504 kJ. Quinoa het egter die hoogste veselinhoud per 100g van 3g, gevolg deur bruin rys met 1.7 g en 1 g vir couscous. Nog 'n faktor wat 'n rol speel by gewigsverlies is die glisemiese indeks (GI). Bruin rys en quinoa het albei 'n lae GI van 53, terwyl couscous 'n middelmatige GI van 65 het. Ek sou dus aanraai dat jy die stysels afwissel en al 3 in jou dieet gebruik vir variasie. Wat al die spesiale mayonnaise produkte aanbetref sal jy maar dit energie- en vetinhoude van die produkte moet vergelyk en dan die laagste een kies. Ek het verneem dat Orleywhip tans nuwe produkte op die mark het met 'n lae vetinhoud - kyk gerus.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/10/11

Beste Lizzy
Die 3 stysels wat jy lys het nogal 'n eenders energie-inhoud, volgens die SA Voedseltabelle en data Webwerf inligting, het die bruin rys, die laagste energie-inhoud per 100g (gekook) nl: 464 kJ , gevolg deur couscous 470 kJ, en quinoa met 504 kJ. Quinoa het egter die hoogste veselinhoud per 100g van 3g, gevolg deur bruin rys met 1.7 g en 1 g vir couscous. Nog 'n faktor wat 'n rol speel by gewigsverlies is die glisemiese indeks (GI). Bruin rys en quinoa het albei 'n lae GI van 53, terwyl couscous 'n middelmatige GI van 65 het. Ek sou dus aanraai dat jy die stysels afwissel en al 3 in jou dieet gebruik vir variasie. Wat al die spesiale mayonnaise produkte aanbetref sal jy maar dit energie- en vetinhoude van die produkte moet vergelyk en dan die laagste een kies. Ek het verneem dat Orleywhip tans nuwe produkte op die mark het met 'n lae vetinhoud - kyk gerus.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.