advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2009/03/09

Wanneer bekommerd raak oor eetgewoonte?

Hallo dokter
My seun van een wil glad nie soliede kosse eet nie. Hy peusel aan broodjies en blokkies kaas en worsies, maar nie genoeg vir ' n ete nie en hy wil ook nie meer as een stukkie hê  nie. Hy leef die afgelope twee weke van gladde yogurt en purity stage 2. Hy wil nie eers die purity met die stukkies kos in hê  nie. Ook nie enige kos wat ek gaarmaak nie want dit is nie fyn genoeg nie. Hy het nou eers 4 tande. Voor dit het ons hom maar bietjie geforce om te eet maar ek weet dis nie reg nie en ek doen dit nie meer nie. Ek het nou maar net opgegee. Ons het al sy vloeistof ook verminder (Nido en Sap) om te kyk of hy nie honger raak nie, maar niks gebeur nie. Gee ons hom kos dan gooi hy ons daarmee of hy slat die lepel uit mens se hand. As hy sy melk of ' n bakkie yogurt sien dan gooi ' n tantrum as hy dit nie kan kry nie. Wanneer moet ek bekommerd raak oor sy etery en wie kan my help daarmee? Hy eet net sy pap en yoghurt. Ek het selfs die naweek vir hom Purity pap gegee met improved texture en hy het dit ook uitgespoeg. Hy weier net om stukkies te eet. Is dit ongesond vir hom om sulke pap kosse te eet? Ons wil nie te veel fuss maak daaroor nie want dan wil hy nog minder eet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jenn
Wanneer 'n kind 'n terugslag in ontwikkeling beleef, is dit dikwels as gevolg van stres, siekte, onderliggende spanning of 'n fisiese probleem. Dit sal miskien raadsaam wees om jou seun deur 'n Pediater te laat ondersoek, net om seker te maak dat daar geen onderliggende fisiese probleem is nie (bv. probleem met sluk, ens). As hy nie so 'n fisiese probleem het nie, dan is daar miskien iets anders wat hom laat onseker voel. Die feit dat julle hom gedwing het om te eet het seker ook 'n rol gespeel. Nou dwing hy vir julle om te doen wat hy wil hê. Die feit dat hy wel broodjies en blokkies kaas en worsies eet, dui aan dat hy wel in staat is om growwer kosse te eet. Wees op hierdie stadium geduldig en sit vir hom die sagte kos voor en een growwer kos per dag. As hy na 2 weke nog steeds weier om te eet (veral aangesien julle sy energie-inname beperk het deur die Nido en vrugtesap in te kort - wat terloops 'n goeie idee is), dan sal ek aanraai dat julle hom na 'n kliniese dieetkundige moet neem (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind), sodat sy kan ondersoek instel na sy eetgewoontes.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement