advertisement
Question
Posted by: Dolla | 2011/01/15

WAARNATOE VIR MY?

Is daar dalk hulp vir my iewers? Ons het verlede jaar ons besigheid begin verloor en so word al my persoonlike goed ook nou aangevat. Ek voel nie meer menswaardig nie want elke oproep wat ek kry is ''n skuldeiser. Ek wag dat die bank my kar kom terugvat. Ons was eerbare mense en nou voel dit vir my almal draai hul rug op ons en ons is gemors. Ek stress my elke dag dood en probeer nog steeds hard werk maar ek het nie die krag nie so elke honderd rand wat inkom moet ek kos mee koop. Ek is baie depressief en wil net slaap om van alles te vergeet. My hart is seer dat mense wat vriende was, nie meer vriende is nie en mense wat my sou help het vir my ook ''n groot rekening gestuur. Ek wil nie meer lewe nie! Sal dit help as ek Denmar toe gaan? Sal daar mense wees wat my net weer sal laat voel soos ''n mens? Ek voel elke dag siek en al my spiere pyn, maar weet nie hoe om dit reg te kry nie. Asseblief ek soek net hulp van iewers want die " psyciotrist"  by ons vra te veel geld vir die eerste besoek. Ek het nie eens geld vir kos nie wat nog van R1500 vir ''n besoek aan die dokter. Kan u my asseblief na iemand aanbeveel anders gaan ek iets aan myself doen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Its obviously very understandably diffiult for you - and may be similar for at least some of those to whom you owe money, who may themselves be being pursued by their own debtors.
But yes, its sadly well recognized that people are mainly unhelpful and unsupportive when one is in financial troubles - almost as though it is infectious, and they're scared they might catch it, too.
From the sound of it, you really ened firstly a good debt counsellor, and your bank could help there - whoever you owe money to, it is of no benefit to them for you to become desperate and even less able to pay.
A psychological counsellor could help, and you could get such help from a mstate hospital at little cost, rather than pay a lot for it at Denmar.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

11
Our users say:
Posted by: Romany | 2011/01/19

Nog een ding. Jy MOET jou trots injou sak steek. Jy moet ophou voorgee dat alles OK is.
Ek weet dis moeilik maar dit sal ''n groot las van jou afneem as jy byvoorbeeld soos Phil sê , met die universiteit gaan oop kaarte speel.
Vir wie gee ons inelk geval voor? Ander mense? Jy het gesien hoe " hulpvaardig"  ander mense kan wees.
Stuff sal uitwerk vir jou.

Reply to Romany
Posted by: Doll | 2011/01/18

Baie dankie Phil!

Reply to Doll
Posted by: Phil | 2011/01/18

Sorry, het bedoel " ek"  en nie bek nie..lol En al die ander spel foute..

Reply to Phil
Posted by: Phil | 2011/01/18

Doll wat bek nou vir jou gaan se gaan nie nou sin maak nie, wel later. Toe ek so amper alles verloor het  wou hulle my kar terug vat  my huis  en enkel pa waarheen sou ek gaan met my kinders. Mens vermy die foon, want almal wil net gelh he. Ek het later opgetel en net gese, kom vat. As alles weg is dan so what. Maar so het ek met die bank begin gesels, klyn deertjies het hier en daar oop gegaan. Ek het op my kniee gaan staan en bid  en werklik geglo dat ek hulp sal kry. Onthou net, mesn kry nie altyd waarvoor jy vra nie. En mens kry ook niks, as jy nie self daarvoor probeer nie. Die HERE luister wel, en as jy vir daai hulp vra en jy werk hard om iets te bereik sa jy hulp ontvang. Vandag se ek, dit moes met my gebeur het. Want dit het my duur maar goeie lesse geleer. En vandag, vandag gaan dit baie beter met my. En ek moes baie nee se vir my kinders, maar vandag gaan dit beter. Praat me die universitiet as jy moet, maar op jou voete kom, die sla julle weer!

Reply to Phil
Posted by: Doll | 2011/01/17

Baie dankie vir almal se moed inpraat. Dit lyk darem vir my daar is nog mense wat in so posisie is of was. Ek sou graag met jou wou gesels om te hoor wat gebeur met jou in so situasie. Die probleem is net wat gebeur as daar niks is om meer te vat nie. Ons het ''n besigheid gehad en probeer nou maar weer maar my man het darem ''n werk gekry maar dis nie eers genoeg om die huishouding aan die gang te hou nie. Ek het ''n seun wat nou sy 3de jaar op universiteit moet doen, hy doen baie goed en ek kan dit nie oor my hart kry om vir hom te sê  hy kan nie verder studeer nie. Hy het verlede jaar toekennings gekry en ''n string onderskeidings. Ek is net ''n ma en my hart wil ingee as ek vir hom kyk en hy is so vasbeslote om sy 4 jaar klaar te maak. Ag dis net nie lekker om so te lewe nie.

Reply to Doll
Posted by: CPM | 2011/01/17

Stap vir stap. Een ding op ''n keer. Ons was almal al in ''n situasie waar alles so hopeloos gelyk het en tog het ons daardeur gekom. Hulle kan ook net soveel vat dan is daar nie meer om te vat nie. Ek het al vir 2 jaar met ''n klein babatjie in ''n bediende kamer gebly. Mens kan weer opstaan en mens kan weer regkom. Sterkte

Reply to CPM
Posted by: Romany | 2011/01/17

Baie sterkte.
Ons was ook al daar. Dis toe ek my gunsteling gesegde geleer het: "  When times are hard, friends are few" 
jy MOET opstaan. jy MOET doen wat jy MOET doen.
Daar is so baie mense in dieselfde situasie. Tel jou seeininge wat jy het, gaan onder debt councelling, trek in ''n kleiner plekkie in... doen watookal jy moet doen. Daar is ''n lig ann die einde van die tonnel. (En nee, dis nie ''n aankomende trein nie!)

Reply to Romany
Posted by: Lin | 2011/01/16

Ek stel voor jy gaan besoek jou huisdokter eerste.

Is julle onder debt counselling?

Reply to Lin
Posted by: Phil | 2011/01/16

Sterkte dame  dit kan nie maklik wees nie. Was ook al daar  lank gevat en wel weer op gestaan.

En daar is hulp  ek het die Here gevra om my te help dra aan al my probleme daai tyd. Dit was ''n lang en moeilike pad, maar dis waar my hulp vandaan gekom het. Mense, sal jou altdy teleur stel.

Reply to Phil
Posted by: cybershrink | 2011/01/16

Its obviously very understandably diffiult for you - and may be similar for at least some of those to whom you owe money, who may themselves be being pursued by their own debtors.
But yes, its sadly well recognized that people are mainly unhelpful and unsupportive when one is in financial troubles - almost as though it is infectious, and they're scared they might catch it, too.
From the sound of it, you really ened firstly a good debt counsellor, and your bank could help there - whoever you owe money to, it is of no benefit to them for you to become desperate and even less able to pay.
A psychological counsellor could help, and you could get such help from a mstate hospital at little cost, rather than pay a lot for it at Denmar.

Reply to cybershrink
Posted by: cybershrink | 2011/01/16

Its obviously very understandably diffiult for you - and may be similar for at least some of those to whom you owe money, who may themselves be being pursued by their own debtors.
But yes, its sadly well recognized that people are mainly unhelpful and unsupportive when one is in financial troubles - almost as though it is infectious, and they're scared they might catch it, too.
From the sound of it, you really ened firstly a good debt counsellor, and your bank could help there - whoever you owe money to, it is of no benefit to them for you to become desperate and even less able to pay.
A psychological counsellor could help, and you could get such help from a state hospital at little cost, rather than pay a lot for it at Denmar.

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement