advertisement
Question
Posted by: Sexy Girl | 2009/01/21

Waar lê  die probleem

Ek wil net vir Bill sê  dat ek seker te sag is in ons verhouding. Ek skree nie op hom nie, ek gil nie op hom nie, ek vloek hom nie. Ek is altyd kalm al woed dit hier binne in my. Ek is nie depresief of baie kwaad soos jy dink nie, ek is net baie teleurgesteld omdat die persoon van wie ek so baie dink, so min van my kan dink.. Ek praat altyd mooi en met respek met hom. Ek hammer nooit op enigeiets nie. Die probleem gaan nie oor hy so baie op sy eie dinge gaan doen nie, maar wel dat hy sê  ek laat hom niks toe nie. Die probleem is dat ek eerlik is, maar ek word daarvan beskuldig dat ek lieg. (Hier voel ek soos ‘ n wurm en dit het my eie waardes en goeie kwaliteite laat smeul tot as, ek voel klein en pateties, ens… ) Die probleem is dat ek hom toelaat om sosiaal te verkeer met vriende en vriendinne, maar ek word beskuldig dat ek jaloers is.

Bill, my lewens maat is werklik ‘ n baie goeie man en ons doen wel dinge saam en nie vir een oomblik glo ek dat hy ontrou is aan my nie. Ek laat hom toe om dinge saam met sy mans vriende te doen omdat ek hom alleentyd met sy vriende gun en daar is niks om oor bekommerd te wees oor sy vriende nie want hulle is almal goeie en opgevoede mans. Ek laat hom toe om met enige persoon te gesels (al is sommige dames terterig) omdat ek hom vertrou en in hom glo. Ek vertel altyd die waarheid omdat dit selfrespek toon.
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: s | 2009/01/22

Bill Ek is ' n huisvrou.. Ek verstaan dit....Soos my man.. soggens gaan maak ek ontbyt terwyl hy nog slaap maak hom wakker maar dan klim ek weer terug in die bed...ons le en gesels.. partykeer kruip hy agter my rug in en ons le net vir ' n rukkie langer en staan dan op.. Ek maak huis skoon bedags Ek doen dit want en wil....' n nekiese huis is beter as ' n vuil een...... lees die e-posse vir die dag en sorg dat alles op sy plek is wanneer hy saans by die huis kom..... 5 uur wanneer my man by die huis kom wag ek en die 3 honde vir hom.. ons gaan groet hom by die hek...dan drink ons koffie en gesles oor die dag....more oggend weer dieselfde storie... dit is ons manier ....di honde word soggens ook gegroet voor hy werk toe gaan... dit is maar hoe ons dinge doen... saans word almal nag gese ook...ons honde slaap in di huis.. elke een het sy eie bed(kussings wat onsvir hulle laat maak het).,....dis dige wat my man nog altyd gese het hy nooit sal toelaat ni.. ' n hond wat in di huis slaap...Ja di honde maak ons wakker in di nag as hulle ' n draai wil loop  maar hulle is ons " kinders"  vir nou.. Partykeer is dit nodig om daai 5 of 10 minute langer te le in mekaar se arms...di aanraking is baie belangrik in ' n huwelik....ons is al 8 jaar getroud maar my man is nog steeds net soos voor ons getroud was..ons hou nog hande vas druk mekaar en so nou en dan in die verbygaan kry ek nog ' n knyp op di boud.....

Reply to s
Posted by: Bill | 2009/01/22

Hi sexy girl

" moederinstink"  daardie woord is gevaarlik! My vrou het n sterk moederinstink en dit is n groot deel van ons probleme, in die begin is dit nice vir n'  man as n'  vrou hom bederf en baie dinge vir hom doen, maar ek dink dit begin die man se " manlikheid"  aantas en hy voel asof jy vir hom sorg en nie andersom nie, as daar enige insecurity is of ander issues affekteer dit vir hom negatief!
een ding wat my vrou doen: Eerste ding in die oggend sluit sy alles oop, haal my laptop uit en stel dit op in my kantoor, dan maak sy die hek oop en bring my Koerant in en sit dit ook op my Desk, dan maak sy vir my tee en sit dit ook daar en pak sommer my papiere ook reg sodat alles netjies is vir my! Dit maak my vies want sy kla altyd dat sy nie al haar dinge in die dag kan klaarmaak nie! Ek op die anderkant is te moeg om die alarm in die oggend te hoor so teen die tyd wat ek wakker word het sy al daardie dinge gedoen!
Weet jy wat wil ek he en hoe ek voel?
Al wat ek wil he sy moet doen is vyf minute langer in die bed bly, vir my n drukkie gee en vir my se hoe laat dit is sodat ons kan opstaan! So sal ek nog soos n man voel, My vrou as n vrou sien en nie as n bediende nie, dan wil ek my take self doen! Dit sal baie meer intiem wees en nie my manlikheid aantas nie. N'  vrou moet nooit te veel vir n'  man probeer doen, dit vat iets van ons weg ek weet nie hoe om te se wat dit is? In die ou dae was mans meer die ridder op die swart perd, vandag is die mans en vroue meer gelyk, en sommige van ons wil nog die ridder op die perd wees wat vir die vrou sorg en nie andersom!
Klink ek reg of klink ek mal?
groete

Reply to Bill
Posted by: Sexy Girl | 2009/01/21

Hi Bill

Soos ek gesê  het is hy ' n wonderlike man en ek is baie, BAIE lief vir hom. Ek is altyd hulpvaardig en het ook ' n goeie sin vir humor en hy intripiteer dit altyd verkeerd. Om jou ' n voorbeeld te gee  Ons is een naweek weg en is besig om te braai. Ek het die vorige dag al voedsel vergiftiging opgedoen en het werklik waar glad nie goed gevoel nie. Ek sit toe by hom , sy dogter en haar vriend. Ek sien hoe hy homself telke male verbrand oor die warm kole met die regskuif van die stene wat gebruik moet word om die rooster op te sit. Ek staan toe goedertrou op, vergeet skoon dat ek self nie goed voel nie en help hom om die stene in posissie te kry. Hy vloek toe op my voor sy dogter en vertel my dat ek nie in sy vuur moet krap nie en hom moet uitlos want hy sal regkom. Ek het geweldig baie vernederd gevoel. Ek verduidelik toe dat ek gesien het hoe hy homself verbrand en wou net help waarop hy toe antwoord, dit is nie hoe hy dit gesien het nie. Hier het hy dit wat ek so goed bedoel het verkeerd geintripiteer. Ek sou natuurlik anders opgetree het. Ek sou eerder gesê  het. " Dankie vir die hulp my skat"  of " Jou manier van stene pak sal nie werk nie"  of "  Jy is wonderlik"  ' n Mens vloek en verneder nie iemand wat net probeer help nie.

Dankie vir die gesels. Ek weet dat mans anders is en anders dink en dit bring juis daardie moederinstink in my uit.

Groete

Reply to Sexy Girl
Posted by: Bill | 2009/01/21

Jy moet onthou dat ons mans dinge nie die selfde sien as julle, ek se baie vir my vrou dat sy my emotioneel mishandel, maar sy kan dit nie raaksien! Ek dink dit gaan oor komunikasie met mekaar en dat jy een ding bedoel, maar hy verstaan dit heeltemal anders, dit geld ook van sy kant af! Dit is baie sad as mense lief is vir mekaar, soos ek en my vrou en dan praat ons by mekaar verby! Ek het nie bedoel om jou wonde te krap nie, ek wou net vir jou n'  perspektief gee uit n man se denkwyse, ek is jammer.
Doc het my na famsa.org.za gestuur en ek is baie dankbaar oor dit want daar is baie gidse oor communication, marital dysfunction, resolving conflict etc en ek dink jy moet daar gaan kyk en n'  paar van die toepaslike goed vir jou print en probeer toepas.
Groete Bill

Reply to Bill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement