advertisement
Question
Posted by: Sexy Girl | 2009-01-15

Waar lê  die probleem

Ek en my man 46 is al 3 jaar saam. Eerstens het ons ' n kommunikasie probleem. Hy intripiteer dit wat ek doen en sê  altyd verkeerd al bedoel ek dit hoe goed. Tweedens is al die beskuldigings. Ek voel hy het ' n obsessie daarmee, want hy hamer aanhoudend daarop en daar is niks wat ek kan doen om my onskuld te bewys nie..

Sosiaal: Hy sê  dat ek hom nooit toelaat om enigeiets te doen nie maar hy speel 2 keer ' n week, Saterdae en sommige Sondae gholf en ek laat hom gaan sonder om enigeiets te sê  daaroor. Ek laat hom alleen na funksies toe gaan, ek laat hom toe om self te oornag by vriende en saam met vriende op ' n manne naweek te gaan. Ek laat hom toe om sy fiets te gaan ry na werk en op Sondae. Ek laat hom toe om Saterdae saam met vriende rugby te kyk by hul huise, ek laat hom toe om aan sport deel te neem saam met sy vriende en vir dae van die huis af is. Ek het hom toegelaat om alleen Sheyshells toe te gaan vir ' n week in Sep 2006. Ek het hom toegelaat om alleen in Feb 2007 deur Europa te gaan toer vir ' n maand lank, maar ek word steeds beskuldig dat hy voel ek laat hom niks toe nie. Ek gaan nooit saam met hom na enige van hierdie aktiwiteite toe nie behalwe op ' n Sondae as hy alleen gholf gaan speel. Ek was nog nooit in Europa of Sheyshells of enige plek oorsee nie, maar ek het hom laat gaan.

Vertroue: Wanneer ons saam na ' n partytjie toe gaan sê  hy ek vertrou hom nie. Ek laat hom toe om met almal gesels. Hy sal my nooit betrek by sy geselskap nie en voel ek telke male afgeskeep enn sit dan net daar met ' n mond vol tande, sy redinasie is dat hy heelaand aan my been vat en dat ek geen rede het om uit te voel nie. Wanneer ons ' n braai of funksie by ons huis het en ek is in die geselskap word ek beskuldig dat ek hom nie vertrou nie. Ek nooi niemand meer nie want hoekom sal ek dan nou by my eie huis voel dat ek eerder in die kamer moet gaan sit terwyl hy die gaste onthaal. As hy met sy fiets gaan ry, steek hy die motor sleutels weg of neem dit saam, want hy dink ek spioeneer op hom.

Leuens: Maak nie saak hoe eerlik ek is nie, hy glo my eenvoudig net nie. As ek sou antwoord het het dit nie gedoen of gesê  nie, dan sê  hy prontuit vir my ek lieg en dit maak nie saak hoe hard ek probeer om dit te bewys nie, hy glo my eenvoudig net nie. Hy beskuldig my een Sondag dat ek in sy beursie gekrap het. Daar was nou wel nie geld in nie maar buiten vir die kwitansies wat reeds daarin was was blykbaar ander kaartjies en papiere wat ek daarin moes gesit het, want hoe het dit dan daar gekom. Hoe meer ek sê  ek het dit nie in sy beursie gesit nie, hoe minder glo hy my. Om die rusie te laat bedaar lieg ek toe op die ou einde en sê  ja ek het dit daar gesit, toe is die herrie eers los. Toe sien hy rooi en vra hoekom lieg ek vir hom, en wil weet wat het ek in sy beursie gesoek. Hel, dit was hel, maak nie saak of ek die waarheid praat of lieg nie - want ek bly steeds lieg.

Jaloesie: Een aand het hy net na werk besluit om die gras te sny. Hy noem toe dat hy ook die skilpadjie sal moet gaan soek. Ek is in die huis en hy talm nog met die grassnyer ens. Na ' n hele ruk gaan gooi ek goed in die asdrom buite die motorhuis en sien die motorhuisdeur is steeds oop, ek sien hom nê rens, dink toe hy is agter om die skilpad te soek en maak die deur toe. Ek het nie ver gekom nie toe hy aan die deur klop, heel verbaas sê  ek toe waar was hy, want ek was nou-net daar buite. Hy bal sy vuiste en skree vra op my hoekom ek hom uitsluit. Ek verduidelik dat ek hom nie uitgesluit het nie en hom nie in die voortuin gesien het toe ek die deur toe gemaak het nie. Hy sê  toe hy was by die buurvrou en ek moes hom daar gesien staan het en dis deur my jaloesie dat ek hom uitgesluit het. Hoe meer ek sê  ek het hom nie by die buurvrou gesien nie, hoe minder glo hy my. Hy dink ek is jaloers op almal met wie hy gesels.

Ons het gereeld gaan dans en hy het so kwaad geword vir my omdat ek hom altyd gevra het om my vriendinne te vra vir ' n dans - hy het natuurlik volstrek geweier. Een en ' n half jaar gelede het ek en hy gaan dans. Ek vra hom toe om met my te dans toe die aanlyn (bus stop) dans begin sê  hy toe hy dans dit nie maar ek kan maar gaan dans want hy gaan ' n glasie wyn koop. Ek het kwalik gaan sit toe ek hom met iemand ander sien dans. Ek spring toe op en gaan staan toe ook in die lyn want hy moet net een rondte met haar dans en dan in die lyn afgooi en iemand ander neem tot die musiek verby is. Hy dans toe al die tyd net met hierdie dame. Na die dans noem ek toe net vir hom dat hy nooit vir sy maat nee moet sê  en dan met iemand anders gaan dans nie. Dat hy moet wag tot die musiek klaar is en dan mag hy maar iemand anders gaan vra (net goeie etiket). Nou beskuldig hy my dat ek jaloers op my vriendinne is. Hy wil nou nie meer gaan dans nie want hy is bang ek sal weer jaloers word. Hoe meer ek sê  dat ek nie jaloers was nie, hoe minder glo hy my.

Andersins is hy ' n wonderlike lewensmaat, met goeie waardes en hoë  kwaliteite. Hy is liefdevol en hardwerkend. Dit is net al die bogenoemde beskuldigings wat my moeg maak en ' n yslike gat in ons verhouding laat.

Help asseblief, ek wens so ek kon meer sê  wat nog gebeur maar dit is so baie om te skryf. Dankie vir die luister

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I wonder what other readers think. It sounds tome as though the relationship is all about him and what he wants, and you over-indulge him. Marriage counselling, surely ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: Sexy Girl | 2009-01-21

Ek wil net vir Bill sê  dat ek seker te sag en te ordentlik is om te gil, skree, vloek en te hammer op iets. Ek is nog van die outydse soort wat glo dat die vrou haar man onderdanig moet wees. Ek glo ook dat ' n persoon spasie moet hê  en ek glo ook dat ' n paartjie kwaliteit tyd saam moet hê . Ek kan net nie glo dat ' n persoon sy maat so kan verklein dat sy heeltemal waardeloos voel nie. Ek is ' n persoon wat ander persone met respek aanspreek en met respek behandel en ek eis dieselfde. Ek glo aan die vyf V' s :
1. Om altyd VERLIEF te wees op my maat
2. Dat daar wedersydse VERTROUE

Reply to Sexy Girl
Posted by: Sexy Girl | 2009-01-21

Ek wil net vir Bill sê  dat ek seker te sag en te ordentlik is om te gil, skree, vloek en te hammer op iets. Ek is nog van die outydse soort wat glo dat die vrou haar man onderdanig moet wees. Ek glo ook dat ' n persoon spasie moet hê  en ek glo ook dat ' n paartjie kwaliteit tyd saam moet hê . Ek kan net nie glo dat ' n persoon sy maat so kan verklein dat sy heeltemal waardeloos voel nie. Ek is ' n persoon wat ander persone met respek aanspreek en met respek behandel en ek eis dieselfde. Ek glo aan die vyf V' s :
1. Om altyd VERLIEF te wees op my maat
2. Dat daar wedersydse VERTROUE

Reply to Sexy Girl
Posted by: v | 2009-01-16

As ek jy is soek ek die motor se spaar sleutel as hy ni by die huis is nie.... dan kan jy ook rod rits... alle motors het mos spaar sleutels.... My man het ook op manne naweke gegaan voor ons ons getroud is en gaan rugby kyk saam met die manne... maar na ons getroud is was dit of my vrou kom saam of ek gaan ni..... nee wat as ek jy is volg ek hom en kyk wat vang hy aan

Reply to v
Posted by: bill | 2009-01-16

Ek dink dat jy moet probeer om saam met hom dinge te doen, en dan sal jy sien wat sy reaksie is, en dit sal dalk jou antwoord ook wees. Al kommentaar wat ek kan gee is dat jou manier van skryf se vir my jy is baie kwaad, en deppressed, miskien hammer jy op hom en dan wil hy wegbly? Ek vat nie sy part nie ek gee net n onafhanklike opinie van wat ek sien, Sterkte en ek hoop jy kry antwoorde want so kan jy nie aangaan nie! het jy vriende wat jou ondersteuning kan gee?

Reply to bill
Posted by: Nika | 2009-01-16

Soos Al se dit klink defnitief asof daar iemand anders is. Soos hulle se "  the best offence if the first defence"  nie nou seker hoe dit gan ni maar eks seker jy sal weet wat ek bedoel lol of noem dit reverse psychology, beskuldig haar eers voor sy kan dink om enigsins my te beskuldig of selfs dinge raak te sien" . As ek in u skoene was sou al die dinge my vreesluk ontstel en ongelukkig gemaak het. Ek lees wat jy se dat hy ' n goeie man is ens,en glo dit, maar alles wat hy doen en kwyt raak op die ou einde maak dat dit niks beteken of selfs verdwyn. No deserves to be treated that way, no matter who you are!!! En terwyl hy besig is om hom te geniet met sy speelding hou die gedagte van sy beskuldigings jou SO besig dat jy niks op die ou einde agter kom nie. Ek kani dink aan ' n oplossing vir jou nie behalwe dat jy jouself moet vra of dit is hoe jy vir die res van jou lewe wil voel?

Just my 2c worth.

Reply to Nika
Posted by: Al | 2009-01-16

Klink defnitief of daar iemand anders is, want hy beskuldig jou van dinge wat hy self doen. Werk jy? Of is jy altyd by die huis?

Reply to Al
Posted by: Hoe nou? | 2009-01-15

O ja, hoe op dees aarde moet jy jou onskuld bewys as jy werklik onskuldig is? Dit klink darm ook baie asof hy so kinderagtig is, dit is nie snaaks nie. Nee dollie, iets klop nie. Hy vind fout en as my gevoel reg is, gaan dit nie gou verdwyn nie. Jammer, klink asof daar iemand anders is.

Reply to Hoe nou?
Posted by: Hoe nou?? | 2009-01-15

Girl, wanneer spandeer julle tyd saam as mnr elke naweek en dan nog weke alleen " sy paadjie vind" ? Wie is die " manne"  saam wie hy so lekker kuier? Dit klink vir my hy het jou amper nie nodig nie. Hy gebruik jou as vloerlap en al die beskuldigings klink maar ' n bietjie narsisties as jy my vra. Hoe kan julle gelukkig wees as julle amper nooit tyd saam spandeer nie, want geen huwelik kan so werk nie. Hy het ' n " eie"  lewe! Nee, iets klink nie reg nie. Miskien moet jy dieper kyk.

Reply to Hoe nou??
Posted by: Anon | 2009-01-15

Hy het duidelik iemand of iets anders in sy lewe - klink vir my hy het dit heel lekker en ek dink die feit dat jy dit toelaat dat hy so alleen iewers heen gaan is nie reg nie. Maar ek dink jy moet maar dink daaroor en besluit of jy vir die toekoms nog so behandel wil word of nie. Klink vir my hy staan agter die deur terwyl hy jou beskuldig van dinge...

Reply to Anon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement