advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/06/17

Waar kan ek my Dokter aankla?

Dokter,

Ek kan nie ''n lang storie vertel nie, maar my Dokter (''n Internis wat ek gaan sien het) het my so in trane gehad vandag omdat sy onnodiglik op my gevloek en skel het (die Hosptiaal se susters het haar gevra om te loop a.g.v. die uitbarsting) dat ek voel ek moet haar aangee by die Mediese Raad, sodat sy nie ander pasiente so kan behandel in die toekoms nie.

Ek het met ''n paar susters en mense gepraat en almal het my gesê  dat dit ''n ou truuk van haar is en dat hulle wens iemand wil haar gaan aangee, want sy het geen reg om so met ''n pasient te praat nie. Tweedens het sy agter my rug met my Ma gaan praat (ek is 34) oor wat sy reken ''n diagnose vir my is (Bullimia) en dat ek Psigiatriese hulp nodig het!!! Sy het dus my Privaatheid geskend en ek is NIE Bullimis nie, ek sukkel net met baie suur vanaf my maag en daarom kan ek nie eet nie en het ek ''n baie swak eetlus ontwikkel.

Kan Dokter my asb. die nommer of naam gee van ''n Mediese Raad wat met haar sal praat?

dankie,

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
Jy kan op die internet op HPCSA se website ingaan vir kontak details.
http://www.hpcsa.co.za/conduct_complaint.php
Dit was sekerlik vir jou 'n baie onaangename ervaring, alternatiewelik kan jy vir haar 'n brief skryf en verduidelik hoeveel dit jou ontstel het dat sy so lelik met jou praat en jou pasient vertroulikheid geskend het. Mense voel gewoonlik soos wurms na die tyd omdat hulle hulle hulle so sleg gedra het, en sy skuld jou ten minste 'n verskoning.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Hester | 2016/05/14

Hoe vind ek uit of 'n persoon wat beweer dat hy 'n Mediese Dokter is regtig as een geregistreer is.

Reply to Hester
Posted by: me | 2010/06/17

Die nommer vir Health Professions Council of South Africa is 012 338 9308. nie seker of hul jou sal kan help nie maar ek is seker hulle sal jou na die regte mense kan verwys. Sterkte!

Reply to me
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/17

Hallo Gesiggie
Jy kan op die internet op HPCSA se website ingaan vir kontak details.
http://www.hpcsa.co.za/conduct_complaint.php
Dit was sekerlik vir jou 'n baie onaangename ervaring, alternatiewelik kan jy vir haar 'n brief skryf en verduidelik hoeveel dit jou ontstel het dat sy so lelik met jou praat en jou pasient vertroulikheid geskend het. Mense voel gewoonlik soos wurms na die tyd omdat hulle hulle hulle so sleg gedra het, en sy skuld jou ten minste 'n verskoning.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement