advertisement
Question
Posted by: Marthie | 2011/04/04

Vrugte groente en neute

Ek is nou in my 2de week van net vrugte, groente en neute te eet. Ek maal my neute baie fyn en as ek ''n heel neut kou, dan kou ek dit baie goed. Ek het ''n baie sensitiewe kolon, ek stoom my groente, skil my vrugte, is dit moontlik dat ''n suur vrug my kolon kan irriteer? Ek eet ook nie kool, blomkool, tamaties nie.

Ek het osteo artritus en ''n groep wat hulself die Hokaaiers noem, sweer daarby dat osteo artritus daarby baat en dat hulle gesonder voel.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marthie
Die dieet wat jy tans volg, is wel gesond, maar glad nie gebalanseerd nie. Ek vertrou dat jy hierdie dieet wat net uit vrugte, groente en neute bestaan, net 'n tydelike verandering is? Dit is essensieel as jy nie aan laktose intoleransie of melkallergie ly, dat jy ten minste 3 porsies melk of jogurt (1 porsie - 1 koppie), maaskaas (1/2 koppie) of ander kase (30 g) per dag moet inneem om jou van die 1200 mg kalsium te voorsien wat jy daagliks nodig het. Alhoewel vrugte en groente koningskos is, sal jy 'n gebrek aan hoë-kwaliteit proteïen, yster, sink en vitamien B12 ontwikkel as jy hierdie dieet vir te lank volg. Dit kan lei tot yster-of vit B12-gebrek bloedarmoede en onderdrukte immuniteit. Daar is ook geen bron van omega-3 vetsure in hierdie dieet van jou, en omega-3 is besonder goed vir osteo-artritis. Indien jy volhou met hierdie dieet sal jy 'n vitamien- en mineraalaanvulling, plus omega-3 supplemente (salmolie kapsules) moet gebruik om te verhoed dat jy dieetgebreke ontwikkel. Die suur in die maag sal die effek van enige suur vrug kanselleer voordat dit by die kolon uitkom.
Die dieet sal wel help om jou inname van puriene (stowwe wat in vleis, vis, orgaanvleis, vleissouse, ens, voorkom) te verlaag, wat wel sal help vir die artritis, maar moenie dat dit weer ander probleme met voedingstekorte veroorsaak nie.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: chris | 2011/04/07

Hi

Ek was gister (6 maart 2011) gediagnoseer met type 1 diabetes.
Gewig 112kg,36 j out, 186m lank, BMI 32: S TRIGLISERIED 14.4.
Ek het hypertension: gebruik KEYSAL 5MG,BIO ATENOL 50MG,FORTZAAR TAB: My docter het pille voorgeskryp( ek wil nie insulien inspuitings he nie). Hy wil my monitor vir 14 dae.
Ek rook nie, geen dwelms, maar drink naweke, sal Bier uitsakakel!
Vraag
Ek is mal oor die volgende vrugte/groente: wortels rou , tamaties , komkmmmer, suurlimoene en sitrus vrugte: waatlemoene ens.
My docter se ek moet koolhidrate verminder. (hoeveel is minder) kan ek dit uitkale bv. slaai eet by my kos in stede van rys of aatappels? kan ek ook brood uit skakel? ek will die ding beat want ek is kwaad vir myself.
email asb so gou as moontlik.
Dankie vir u tyd

Reply to chris
Posted by: DietDoc | 2011/04/05

Beste Marthie
Die dieet wat jy tans volg, is wel gesond, maar glad nie gebalanseerd nie. Ek vertrou dat jy hierdie dieet wat net uit vrugte, groente en neute bestaan, net 'n tydelike verandering is? Dit is essensieel as jy nie aan laktose intoleransie of melkallergie ly, dat jy ten minste 3 porsies melk of jogurt (1 porsie - 1 koppie), maaskaas (1/2 koppie) of ander kase (30 g) per dag moet inneem om jou van die 1200 mg kalsium te voorsien wat jy daagliks nodig het. Alhoewel vrugte en groente koningskos is, sal jy 'n gebrek aan hoë-kwaliteit proteïen, yster, sink en vitamien B12 ontwikkel as jy hierdie dieet vir te lank volg. Dit kan lei tot yster-of vit B12-gebrek bloedarmoede en onderdrukte immuniteit. Daar is ook geen bron van omega-3 vetsure in hierdie dieet van jou, en omega-3 is besonder goed vir osteo-artritis. Indien jy volhou met hierdie dieet sal jy 'n vitamien- en mineraalaanvulling, plus omega-3 supplemente (salmolie kapsules) moet gebruik om te verhoed dat jy dieetgebreke ontwikkel. Die suur in die maag sal die effek van enige suur vrug kanselleer voordat dit by die kolon uitkom.
Die dieet sal wel help om jou inname van puriene (stowwe wat in vleis, vis, orgaanvleis, vleissouse, ens, voorkom) te verlaag, wat wel sal help vir die artritis, maar moenie dat dit weer ander probleme met voedingstekorte veroorsaak nie.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement