advertisement
Question
Posted by: Marlene | 2012/09/26

Vreeslike pyne

Ek het hoe lewerfunksies.Die 12de Julie het ek weer vir lewerbiopsie gegaan en hulle het ook my galblaas verwyder.
Ek het altyd normaal weg seer bokant my ribbes onder my bors wat na die regtekant na my rug toe ook trek.
Maar die dag na operasie het ek ''n vreeslike pyn ontwikkel van my regtekant bo ribbes onder my borste.Dit is vreeslik voel erger as kraampyne.Dit bly so 5min dan gaan dit weg.In daai tyd hu jy net vas en die trane loop van die pyn.
Met die lewerbiopsie het hulle gese ek het lewer inflammasie, wil ook weet gaan dit self weg.
Maar die ander vreeslike pyn kry ek gereeld nou 1 keer ''n week en lewe in vrees wanner ek dit weer gaan kry.EEn aand het ek so erg dit gehad dat my man moes hospitaal toe moet jaag met my.My bloedruk was toe 176/113.Maar het solank gewag vir die dok dat die pyn naderhand weg is.
Hy se toe dit kan ''n galsteen wees wat vassit in die pyoies aangesien dit nie verwyder word met operasie nie.
My vraag is nou net moet ek dan nie heeltyd seer he nie kan die pyne kom en gaan.
Ek was ook terug by chirug hy het getoets vir bloedklont maar kon niks kry nie.
Die internis vra weer of dit nie sigies is nie.Glo my ek gaan nie my naam met plank slaan met die pyn voor ander mense nie want ek kry al skaam daaroor want jy weet nie wat om te maak nie sit le of staan nie.
Elke keer daarna is ek vreeslik uitgeput.
Dok help asb. weet nie meer watter kant toe nie.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marlene

Pyn is baie subjektief en dit is moeilik vir ander mense om te verstaan hoe erg pyn kan word. Ek stel voor dat jy 'n gastroenteroloog vir 'n tweede opinie konsulteer. 'n Ultraklank van jou buik moet ook geneem word om vas te stel of daar blokkasie van die galwee teenwoordig is. Vra jou apteker vir Buscopan Co tablette om te neem wanneer die pyn daar is. Hierdie medikasie verslap die gladde spiere en sal dus vir erge koliekagtige pyn, as gevolg van stene.

Ek weet nie of die inflammasie van jou lewer spontaan sal verdwyn nie en ek stel voor dat jy die resultate met jou dokter of 'n gastroenteroloog. Behandeling sal van die oorsaak afhang.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Marlene | 2012/10/04

Dis nou al vir drie dae wat my been en voet so swel.Jy kan voel hoe die been se vel styf trek en begin swel van die voet af tot by die knieg.Het giste n halwe waterpil gedrink wou nie n hele een drink nie aangesien ons gery het.Maar dit lyk nie of dit help nie.Die been is ook gevoelig en seer.Wat kan die oorsaak wees.
Dankie

Reply to Marlene
Posted by: Eugene | 2012/09/26

Glo dit of nie, maar dis ''n algemene simptoom wat jy het. Tot 40% van mense kry " phantom"  galblaas pyne na operasie. Meestal is dit die klein ronde spiertjie wat die vloei van gal beheer na die dunderm. Die dokter kan dalk vir jou iets gee soos Librax of Bevispas om dit (hulle noem dit die Sphincter of Odi) te ontspan, want dit kan in spasma gaan en bitter seer pyn veroorsaak. Hoor by jou dokter en vra of dit dalk die oorsaak kan wees. Baie keer kan hulle ook met ''n klein endoskoop in die galbuise kyk vir ''n klein steen wat agterbly. Bly vir nou op ''n laevet dieet. Lewer inflammasie is iets wat jy moet dophou. As jy oorgewig is, probeer die oortollige gewig verloor en kyk mooi na jou dieet.

Sterkte
EJ

Reply to Eugene

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement