advertisement
Question
Posted by: Nardus | 2012/09/19

Vreeslike krampe in kop

Goeie dag.

Ek het die afgelope twee en `n halwe maand die einaardigste krampe in die regterkant van my kop , net bokant die regterslaap.Die krampe is nie soos hoofpyn nie, maar voel eerder soos `n elektriese skok impuls wat kom en gaan.Of dit voel ook asof `n baie skerp naald skielik in my brein gedruk word.Ek was sowat twee maande gelede in die jagveld en was gediagnoseer met bosluisbytkoors `n week nadat ek van die jagtog terug gekeer het.

My dokter het toe die krampe toegeskryf aan die bosluisbytkoors.Maar ek het die krampe begin kry voordat ek weg was na die jagveld.Maar ek moet se na die anti-biotika was dit beter en het net sporadies terug gekom.

Die afgelope vier dae het dit intenser geword en die tussenposes van die krampe baie meer gereeld.Soms is dit so erg dat dit vir daardie oomblik voel asof alles in my liggaam tot stilstand kom en my bene onder my wil ingee.

Ek wil nie te veel dokter toe gaan nie en hoop jul kan my raad hier gee.

Lekker dag.

Nardus.



Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nardus

Jy sal 'n neuroloog vir 'n ondersoek moet konsulteer. Dit is moontlik dat jy die begin van troshoofpyne ervaar of inflammasie van die arterie aan die regter temporale kant. Ongelukkig is daar nie veel wat ek kan voorstel, behalwe 'n konsultasie met 'n neuroloog nie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Nardus | 2012/09/19

Jammer ek is 48 jaar oud, al meer as vyftien jaar op bloeddruk en cholesterol medikasie.Eks fiks, baie gesond en glad nie oorgewig nie.1.76M ,85KG.

Reply to Nardus

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement