advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009-05-14

Vreemde Periode

Hallo Dr. Ek wil graag iets uitvind, my periode was altyd 7 dae lank gewees, die eerste en laaste dag was ' n afskeiding en verder was dit die periode gewees. Die afgelope tyd het dit egter verander, dit het baie meer klonteriger en hewiger geword, die een maan het ek selfs 11 dae lank ' n periode gehad. Die maand het dit nie met ' n afskeiding eers begin nie maar sommer net direk begin, toe na 2 dae het dit heeltemal gestop, en 3 dae later het dit weer begin. Die was oor ' n tydperk van 8 dae en nou is dit klaar. Hoekom verander dit so, toe ek as meisie begin het, was my periode net 3 dae lank gewees, maar dit was net vir so 3 keer en van daar af was dit 7 dae, hoekom word dit nou nog langer en is dit so deurmekaar? Ek was verlede jaar by ' n ginekeloog en daar is geen abnormaliteite nie, ek ovuleer ook elke maand. Ek sal bly wees vir enige antwoorde. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anonymous
Menometrorrhagia is onreelmatige en oormatige bloeding. Dit kan agv hormoon wanbalanse, endometriose, fibroide in die baarmoeder of ovariele siste wees. As daar geen abnormaliteite op die sonar is nie, sal dit dalk help om vir 'n paar maande 'n orale kontraseptiewe pil te gebruik.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement