advertisement
Question
Posted by: ' ' eina pyn' '  | 2009/08/18

Vreemde gewaarwordinge wanneer slaap

Goeienaand dokter,

Ek het nou gesit en n hele paar v d posts deurgelees maar geeneen gevind wat naasteby ooreenstem met my probleem nie! So, ek hoop ek sal myself mooi kan uitdruk...

Ek is baie oorgewig (eintlik obese), het verskeie mediese probleme soos cholestrol, insulienweerstandigheid, onreelmatige hartklop, mantelvliesbreuk (al vir 20jr) en geskiedenis van tipe 2 diabetes in familie en ook hoe bloeddruk.

Ek voel normaalweg redelik gedurende die dag, alhoewel ek baie moeg word, en nie baie asem het nie. Ek neem aan dis a.g.v. onfiksheid en oorgewig. Maar my probleem is in die nag. Ek sal my probleme nommer soos wat ek dit ondervind, en as ek dalk n antwoord kan kry sal ek dit waardeer:

1) Ek word wakker met die allerverskriklikste hoofpyne. Gewoonlik neem ek twee Lenadol tablette daarvoor. Ek neem ook deur die dag minstens 4 Lenadol vir pyne.
2) Ek word wakker met die ergste dors denkbaar en drink ten minste 500ml water deur die nag, net so klein sippie vir sippie.
3) Ek kry  n naalde en speldegevoel in my arms en hande, asook beenkrampe in die nag.
4) Die ergste van alles is egter die volgende: ek sal skielik wakker skrik met die gevoel dat daar n elektriese skok deur my hart trek, ek ruk letterlik daarvan somtyds.
5) Ek het ook n daaglikse- en nagtelike pyn in my skouerblaaie. In die nag is dit daarmee saam ookk my heupe wat pyn.

Is ek besig om uitmekaar te val (is 56jaar oud, vroulik) of is daar dalk n oorsaak vir my simptome? Partykeer dink ek ag ek wil sommer ophou om my chroniese medikasie te drink want ek is tog besig om dood te gaan!!!

Dankie vir u rubriek, dokter.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe eina pyn
Die hoofpyne, naalde en spelde gevoel, pne in die bene en pyn in die skouerblaaie kan alles tekens wees van borug spierspasma en nekspierspasma, met senuwees wat vasgedruk word - dit is dalk posisie verband, maw jou kussing of matras is dalk te sag en ondersteun nie jou nek behoorlik nie. Dit bekommer my egter dat jy elke dag Lenadol neem want behalwe dat jy verslaaf kan raak daaraan, is dit sleg vir jou niere en veroorsaak ook terugslag hoofpyne. Die dors in die nag kan ook 'n aanduiding wees dat jou bloedsuiker saans hoog raak.
Ek stel voor dat jy 'n fisioterapeut sien om jou skouers en nek te ondersoek en te kyk of jy dalk fisioterapie moet kry om die probleem op te los.
Die skerp pyn wat jy op jou hart voel kan pericardial catch syndrome (PCS of texidors twinge) wees. Hulle vermoed dat dit dalk veroorsaak kan word deur 'n spasma van 'n spiertjie tussen die ribbe. Dis nie gevaarlik nie.
Sien ook http://en.wikipedia.org/wiki/Precordial_catch_syndrome
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/04/26

Dokter ek word snags wakker met n gevoel dat my binnegoed ruk of skommel, dan kan ek nie verder slaap nie.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2014/02/28

Hi dr wil graag weet ek kry angsaanvale soms maar ek is bang om te gaan slaap want ek slaap dan voel dit of iets my wakker skok ini aand en ek weet glad nie wat dit is nie wanneer dit gebeur is ek te bang om verder te probeer slaap as u my raad kan gee of net meskien kan se wat u dink dit kan wees sal ek dit opreg waardeur

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement