advertisement
Question
Posted by: Susan | 2011/07/16

vratte

Middag Dokter

Ek het plat vratte in groepies op die agterkant van my bo been gekry, wat nou al begin versprei het oral op my bene en selfs na my gesig. Deesdae is dit jeukerig en bloei maklik en is so rooi van kleur. Ek was al by my huisdokter maar hy het gese daar is nie werklik enige behandeling daarvoor nie, behalwe om dit te brand. Sal ''n dermatoloog moontlik iets vir my kan doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Susan

Ek stel voor dat jy Duofilm op jou lyf en bene gebruik. Dit is beskikbaar oor die toonbank by apteke. Jy moet Vaseline rondom die vrat aanwend, voor jy die Duofilm aan verf. Die vratte op jou gesig moet baie versigtig behandel word om letsels te voorkom en ek stel daarom voor dat jy 'n dermatoloog konsulteer vir die behandeling daarvan.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement