advertisement
Question
Posted by: Tanya | 2008/12/03

Vraag aan Dr Bets

Dr, ek wil graag weet of vitamien B12 inspuitings nadelig sal wees vir iemand wat ' n lewer disfunksie het agv van slegte gewoontes (alkohol, verkeerde dieet)? Ek het gelees dat B12 in die lewer gestoor word so dit maak my bietjie bekommerd. Ek het boonop ' n maagseer so is bang vir vitamien pille. Ek sal graag ook wil weet of dit enige impak sal hê  op die pankreas en niere? Ek volg op die oomblik ' n streng vegetariese dieet, behalwe dat ek eiers en jogurt in my dieet het. Ek eet baie vrugte en drink net water, rooibostee sonder melk, chamomile tee en groen tee. Maar ek voel baie moeg en sal graag die inspuitings wil neem op ' n weeklikse basis. Ek leef regtig baie gesond op die oomblik en oefen ook elke dag, maar die tamheid deur die dag veroorsaak dat ek nie altyd krag het om ordentlik te oefen nie. Ek slaap egter baie goed, het glad nie probleme daarmee nie. So ek sal net graag wil weet hoe veilig B12 inspuitings vir my sal wees en of dit nie dalk meer sleg as goed sal doen nie. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tanya
Jy kan vit B12 inspuitings gebruik - 1 x per maand is eintlik genoeg, die res gaan jy net in jou urine uitskei. Jy kan dalk moeg wees omdat jy nie genoeg koolhidrate inkry nie - probeer iets soos basmati rys, low GI brood, bruinrys, patats, durum pasta wat mens se bloedsuiker lank hoog hou en mens klein hoeveelhede van kan eet om versadig te bly
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement