advertisement
Question
Posted by: Odette | 2008/09/03

Vraag 791: Probiotika

Ek verwys na my vraag in verband met probiotika. Baie dankie vir die antwoord.

Aangesien ons in ' n klein dorpie woon kon ek nie die produkte kry waarna u verwys nie. Ek kon wel Probiflora Intensive 9 strain kry. Sal dit ook werk vir my hardlywigheid? Ek sukkel vreeslik met hardlywigheid ten spyte van die feit dat ek ' n gebalanseerde dieet volg, my vesel- en water inname verhoog het en gereeld oefening doen.

Hoe lank neem dit voor die produk werk? En sal ek dit vir " die res van my lewe"  moet gebruik?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Odette
Die Probioflora Intensive 9 behoort ook goed te werk. Probeer dit gerus - dit behoort binne 2-3 weke 'n merkbare verskil te maak. En probeer ook gestoofde droë vrugte saam met jou hoë-vesel ontbyt pap of graankos. As al hierdie pogings steeds nie jou hardlywigheid bekamp nie, dan sal jy 'n milde lakseermiddel soos Fybogel moet gebruik. Bespreek dit met die apteker.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement