advertisement
Question
Posted by: Patricia | 2009/08/27

VORIGE BRIEF VAN MY 15 JARIGE DOGTER WAT N BABA HET

Ek wil net graag terug gaan op my brief wat ek gepos het 2 dae gelede ivm my dogter van 15 jaar oud wat swanger geraak het en die pa is 23 jaar oud, ek is n ma van 3 kinders, oudste dogter is 23, my seun is 18 en dan die jongste nou 16 jaar oud my kinders is stabiel groot gemaak in een huis van geboorte af en in een laerskool en een hoë rskool, ons het na al die jare n groot besluit gemaak om Kaap toe te trek na al die jare in een huis my oudste dogter het n goeie werk en bly in haar eie plek en studeer, my seun het so 4 maande gelede begin werk en bly nog by my en gaan baie goed aan ons het toe Kaap toe getrek en n besluit gemaak dat ons dogter en seun net hul jaar klaar moet maak in die skool dan kom hul terug kaap toe my tweeling suster het in my huis gebly en na hul omgesien en ek het al my vertroue in haar gehad, ons kinders is goed groot gemaak ek was in die kaap ek het elke dag met hul gepraat en in -|- ak gebly met hulle ek is baie lief vir my kinders en is n goeie ma vir hul. My man het sy eie besigheid en het gereeld in die 4 maande af gevlieg terug JHB toe om te kom kyk hoe ons kinders doen, my dogter het swanger geraak die jongste ene op die ouderdom van 15, haar baba is gebore die 8ste Junie en dit is n gesonde seuntjie, dit het baie hard aan ons gevat maar ons glo nie aan aborsies en aanneming nie ons as ouma en oupa is baie lief vir ons kleinkind en ons onderhou ons dogter en ons kleinkind nou wil die pa van die kind die baba laat wegvat van ons af ek weet nie met wat hy besig is nie, hy het nie n vaste werk nie en werk in n erf saam met sy vriend maak motors reg sy ma het nog net 3 keer na die baba kom kyk so ook sy pa, hul wil he dat die baba uit slaap en dit is nie toelaatbaar nie want ek glo dat die baba te jonk is hul het agter my rug na die welsyn gegaan om uit te vind of my 16 jarige dogter kan trou ek het geweier en hul is nie gelukkig daaroor nie, ons het af gekom JHB toe vir besigheid en kon nie terug ry kaap toe of vlieg nie want my dogter was reeds te ver en ons wou nie haar lewe of die baba sin in gevaar stel nie, nou is ek nogsteeds in JHB en wil graag terug trek Kaap toe maar weet nie nou wat om te doen nie want die pa van die kind is besig met dinge agter ons rug om te baklei vir die baba ons kyk goed na ons kleinkind en ons dogter die baba word goed versorg het u vir my raad asb ek is baie desperaad

Groete

Patricia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Welfare, like the Courts, have an absolute duty to work out what would be best for the CHILD, and NOT to take sides in any disagreements betwen the parents or families involved.
I agree with Paul and Maria.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

12
Our users say:
Posted by: Ai Tog!! | 2009/08/31

Annelie, Ek moet byvoeg dat ek my hoed vir jou afhaal! Dit klink asof jy jou situasie volkome onder beheer het. Dis wonderli dat jy vir hierdie dogter so goeie en stabiele ouerhuis skep. Dis amazing dat jy haar leer van haar verantwoordelikhede, en haar nog toelaat om kind te wees. Om 15 te wees is nooit maklik nie. As mens nog sukkel met ' n abusive verlede en ' n kind het. Ag tog, dis so baie om op 15 te moet hanteer. Baie sterkte vir julle en vir jou pleegdogter en die die kleintjies. Baba' s is altyd onskuldig, en hulle is so blessing!

Reply to Ai Tog!!
Posted by: Ai Tog!! | 2009/08/31

Uhm, Annelie, ek het nie met jou gepraatnie, maar met Patricia. Ek is jammer as jy my boodskap aan die persoon wat die raad gevra het, vir jou opgeneem het. Jy is reg, ek ken nie jou verhaal nie, maar Patricia s' n is die vraag wat gepubliseerd is. As jy dalk ' n vraag het, hoekom stuur jy dit nie aan CS toe nie, dan kan jy nie ander mense se opinies wat vir nie vir jou bedoel is, so ernstig opneem nie.





Reply to Ai Tog!!
Posted by: Annelie | 2009/08/31

Ai tog, vlieg in jou petjie in. EK was nog altyd ' n goeie ma vir daai kind, EK het haar grootgemaak terwyl die sisteem en haar eie ma haar in die steek gelaat het, toe haar bio pa haar verkrag het. MOENIE my vertel hoe om haar groot te maak nie want jy weet NIKS van haar storie af nie.
EK het nie haar baba gemaak nie, SY het, en SY moet verantwoordelikheid neem vir hom. Ek assisteer haar, ek help haar, ek betaal vir als, maar nee, as jy of enige ander mens dink EK moet daai kind grootmaak het jy nog ' n ding wat kom.
Volgens my area welsyn werker en die hoof van die Gauteng Familie Sorg Departement, doen ek 100%.
So loop k*k as jy nie weet waarvan jy praat nie.

Reply to Annelie
Posted by: Ai Tog!! | 2009/08/31

Wat ' n storie. jy moet onthou, al is jou dogter nou ' n ma, is sy steeds ' n kind en sal sy een bly tot sy 18 is. Maak oop ' n saak teen daardie man - hy is 23!!! Wat soek hy deur seks te he met ' n kind van 14 - sy' s nou 15 reg? En ek weet dit het nie net 1 keer gebeur nie! Hy is ' n pedofiel dame, en jy moet nou maar net jou sokkies optrek en ' n ma vir jou 15 jarige dogtertjie wees! Hy het haar verkrag, of sy dit nou besef of nie. En hy moet daarvoor boet! Jy pak jou, jou dogter en jou kleinkind op en jy ry kaap toe. Jy skuld daai jong man niks tot hy nie deur die reg sisteem gegaan het nie. En dan begin jy jou dogter te leer wat dit is om ' n grootmens en ' n ma te wees. Gedane sake het geen keer, maar neem nou jou gesin in jou hand, en doen wat jy weet is reg. Van wanneer af maak jou 15 jarige die reels waarvolgens die famillie moet leef? Sjoe, nee wat, jy moet nou weer beheer neem, Mevrou. Wees sterk, en doen wat jy moet doen vir jou gesin! Baie sterkte!!

Reply to Ai Tog!!
Posted by: Annelie | 2009/08/31

My Pleegdogter wat ek grootmaak vanaf die ouderdom van 8 het swanger geraak op 15. Sy het dit weggesteek van my af.
Sy het my man een middag genader en vertel sy " vermoed"  sy' s swanger. Hy wou my nie ontstel nie, en het maar agter my rug ' n tuis swangerskap toets gekry. Toe dit positief is, het hy my laat weet.
Ek was in ' n toestand maar het later besef - wat gedoen is, is gedoen.

Die pa van die kind is ' n loskop laaitie van 20.
Die baba is nou al 10 maande oud - en ek help om hom groot te maak.

Sy probeer om ' n goeie mamma te wees, maar is soms ongeduldig met hom. Ek het eenvoudig geweier om " oor te neem"  en self aan te gaan, sy MOET verantwoordelikheid neem vir haar aksies, en as bulletjie haar wakker hou saans los ek haar om self reg te kom, en sal slegs intree as dit erg raak.

Sy is baie lief vir haar kind, maar sy self BLY ' n kind, en wil saam vriende gaan fliek ens. Ek laat dit soms toe, maar wil hê  sy moet besef SY is baba se ma, nie ek nie, en dat sy hom in die lewe gebring het, en hom nou moet groot maak.

Dit gaan goed met ons, en dis nie die einde van die wereld nie.

Hoe jy ' n situasie hanteer is die groot ding.

Reply to Annelie
Posted by: Paul | 2009/08/28

As hulle wil trou (jou dogter ook) se hulle moet wag tot sy 18 is.

Reply to Paul
Posted by: Patricia | 2009/08/28

Jong al wat ek gevra het is vir raad ja en wat die loesing aan betref ek is nie die tipe ma wat aan my kinders slaan nie ek het respek vir hulle en hul het respek vir my

Maria baie dankie vir die terugvoering ek waardeer dit opreg. Ja en die wet se ook dat dit as statutory rape is maar ek wil hom nie in die tronk he nie ek is n mens met gevoelens ek wens ek het die tyd gehad om my brieg van die begin tot die einde te kon uitlê  dan sou mense n beter begrip gehad het

Ek soek nie verwyte van lesers nie net raad, dit is te laat om te verwyt en ja die baba word mooi na gekyk en hy is te kort aan niks hy kry aandag en liefde en sekuriteit.

Die pa en sy ouers is ongelukkig omdat ek nie wil toestemming gee vir n troue nie, maar liewe land watter ma teken vir haar 16 jarige dogter om met die pa van haar kind te trou ?????? dit veregaande, ek sal dit nooit toelaat nie tot en met die dag wat sy 18 jaar oud is en gereed is.

Sy is my baba met n baba en ek wat haar ma is sal baklei op die regte manier vir hul.

Reply to Patricia
Posted by: Maria | 2009/08/28

Hmmm... ek wonder hoe vry ' n mens se denke kan wees as jy dink mens gaan enigsens iets bereik deur ' n swanger 15jarige te slaan.

Reply to Maria
Posted by: Vrye Denker | 2009/08/28

Ek hoop jy het jou dogter ' n ordentlike loesing gegee omdat sy swanger geraak het op 15. Dit is rerig ' n benarde situasie om jouself in te bevind en ek hoop dat alles ten goede sal verloop.

Reply to Vrye Denker
Posted by: Maria | 2009/08/28

Patricia die van waarop jy die kind registreer maak geen wetlike verskil nie. Sorg net dat julle kant skoon is - kyk mooi na die kind en moenie die pa toegang weier nie. Volgens die kinderwet het hy dieselfde regte as jou dogter, maar as dit in die hof beland sal die hof kyk na die baba se beste belang eerste.

Wat keer julle om nou terug te gaan Kaap toe? Dit sal moeilik wees vir die baba se pa om ' n hof te oortuig dat die kind by hom moet woon, en as julle aan die ander kant van die land is kan hy ook nie maklik die baba kom haal en nie weer terugbring nie. (Wetlik mag hy dit doen.)

Moenie bekommerd wees oor wat die pa aanvang totdat julle ' n prokureursbrief of een of ander wetlike dokument ontvang nie. Dan moet julle ' n maatskaplike werker -|- ak en ' n prokureur wat in familiereg spesialiseer.

Patricia sit in die gevolg asb. punte en paragrawe in wanneer jy skryf, dit sal jou boodskap meer leesbaar en makliker verstaanbaar maak.

Sterkte

Reply to Maria
Posted by: Patricia | 2009/08/27

Paul baie dankie vir jou antwoord op my brief dit laat my baie beter voel, en een goeie ding wat ons gedoen het is om ons kleinkind op ons van te registreer en nie op sy van nie

Reply to Patricia
Posted by: Paul | 2009/08/27

Ek dink dit is al genoem, maar dreig die pa af en se vir hom jy gaan ' n saak van statutere verkragting teen hom oopmaak as hy nie sy nonsens los nie. Laas toe ek gekyk het is dit onwettig om seks te he met ' n 15 jarige al is dit met haar toestemming.

In elk geval klink dit nie of enige hof hom sal toesig oor die kind gee nie agv sy onstabielie omstandighede. Hou jou kleinkind by julle, daar is hy veilig en stabiel.

Oorweeg om vir die pa toe te laat om sy kind te sien.

Reply to Paul

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement