advertisement
Question
Posted by: jen | 2010/08/19

Voorbehoeding

hallo dok.

Ek is swanger met my tweede kind en ek en my man het saam besluit dat ons net die twee seuns wil hê . Ek was nog nooit voorheen om enige voorbehoedings pille, inspuitings of plakkers nie. My man het maar nog altyd kondome gebruik. Hy het my so rukkie terug gevra of ons nie maar na hierdie swangerskap iets anders kan probeer nie want hy geniet dit meer sonder kondome. Hy weet ek stel glad nie belang in enige pille, inspuitings of plakkers nie en verwag ook nie van my om dit te gebruik nie. Ek het so ruk terug met hom gegrap en gesê  dat aangesien ek deur twee baie swaar swangerskappe was en vir albei groot operasies (keisers) ondergaan moet hy maar sy kant bring en hom laat sny. Hy het dit egter nie as ''n grap gesien nie en gesê  ons moet dit dalk oorweeg.
Hoe werk dit? Hoe doen hulle dit? Moet hy heeltemal laat knip of hoef hy net die buisies te laat bind? Is albei 100% betroubaar? Ek wil hom nie bind tot iets permanent nie, maar ek wil ook nie ''n kans vat en weer swanger raak nie. As hy die nie-permanente opsie sou kies, is dit nodig dat ons enige ander voorbehoeding gebruik? My suster het ''n mirena laat insit vir haar, maar haar liggaam sukkel om dit te aanvaar. Ek stel nie in sulke goed belang nie. Enige voorstelle?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jen
'n vasektomie is 'n goeie opsie as julle beide besluit het dat julle nie meer kinders wil hê nie. Met 'n vasektomie word 'n klein snytjie in die skrotum gemaak en net die buisie wat sperms vervoer word afgebind. Niks word "afgesny" of uitgehaal nie en hy behoort geen verandering agter te kom in seksdrang of ereksies of ejakulasie nie.
sien http://familydoctor.org/online/famdocen/home/men/reproductive/195.html
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/19

Hallo Jen
'n vasektomie is 'n goeie opsie as julle beide besluit het dat julle nie meer kinders wil hê nie. Met 'n vasektomie word 'n klein snytjie in die skrotum gemaak en net die buisie wat sperms vervoer word afgebind. Niks word "afgesny" of uitgehaal nie en hy behoort geen verandering agter te kom in seksdrang of ereksies of ejakulasie nie.
sien http://familydoctor.org/online/famdocen/home/men/reproductive/195.html
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement