advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2010-06-21

Voorbehoeding

Ek is ''n 27 jarige vrou. Ek gebruik al vandat ek 18 is die pil. Ek was vir ongeveer 5 jaar op Triphasil, daarna vir ongeveer 2 jaar op Minulette en toe het ek vir 2 jaar Yasmin gebruik. Op al hierdie pille het ek deurbraak bloeding gehad en daarom het ek elke keer oorgeskakel na ''n ander pil. Volgens my huisdokter en ginekoloog is Yasmin ''n baie goeie pil, maar ek het van dag een af probleme daarmee gehad. Ek het elke maand deurbraak bloeding gehad en baie gesukkel met droogheid en infeksies. Ek weet nie of die laasgenoemde twee die pil se skuld is nie.

Ek was ongeveer ''n jaar gelede vir ''n ondersoek by my ginekoloog en alles is reg. Hy het aangeraai dat ek Progynova saam met my Yasmin gebruik om my probleme op te los. Dit het egter nie gehelp nie en hy het laasmaand aanbeveel dat ek vir ''n maand lank die Yasmin staak en weer daarmee begin nadat ek ''n maandstonde gehad het. Ek het my maandstonde gehad en (in teenstelling met Yasmin) so te sê  geen pyn gehad nie en relatief min bloeding.

Ek oorweeg dit nou om nie ''n pil te gebruik nie en slegs staat te maak op kondome. Die probleem is dat ek en my man nie nou al ''n gesin beplan nie en nie werklik 100% gemaklik is met kondome nie. Ons voel daar is altyd ''n risiko aan verbonde.

Moet ek die pil heeltemal los of is daar dalk ''n ander pil wat ek kan gebruik wat beter vir my sal werk?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anoniem
Ek dink die Mirena intra uteriene apparaat is dalk 'n opsie wat jy kan oorweeg. Sien
http://www.mirena-us.com/what_is_mirena/index.jsp
dit is 'n IUD wat progesteroon bevat wat net lokaal in die uterus werk. Dit is nogal duur "once off" maar hou 5 jaar. Sodra jy dit uithaal kan jy swanger word, want dit onderdruk nie ovulasie nie.
Ander opsies is die gewone koper IUD of die 3 maandelikse progesteroon inspuiting.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-06-21

Hallo Anoniem
Ek dink die Mirena intra uteriene apparaat is dalk 'n opsie wat jy kan oorweeg. Sien
http://www.mirena-us.com/what_is_mirena/index.jsp
dit is 'n IUD wat progesteroon bevat wat net lokaal in die uterus werk. Dit is nogal duur "once off" maar hou 5 jaar. Sodra jy dit uithaal kan jy swanger word, want dit onderdruk nie ovulasie nie.
Ander opsies is die gewone koper IUD of die 3 maandelikse progesteroon inspuiting.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement