advertisement
Question
Posted by: LC | 2010-04-01

Voorbehoed, Eltroxin, oefening en steeds gewig aansit????

Hi doc, ek is ''n 32 jarige vrou, met 3 kinders, die jongste noual 2 en ''n half jaar oud, het haar geborsvoed vir 2 jaar en 2 maande. Gewig opgetel met borsvoeding, Esperide en anti depressante Paxil. Uiteindelik gestop en is tans op Eltroxin vir onderaktiewe skildklier. My dokter het vir Yaz voorgeskryf vir voorbehoed, ek het by Curves aangesluit en so 3 kilo''s verloor, was op vakansie maar niks opgetel nie, ek is baie hongerig as ek oefen maar toe ek nie geoefen het nie was ek net reg. Het nou weer begin oefen en Yaz gelos oor buierigheid, geen libido en deurbraak bloeding, is nou weer terug op Nordette wat ek vir 14 jaar gebruik het sonder newe effekte, maar nou tel ek gewig op, nie ernstig teveel nie maar ek voel ek oefen regtig hard vir 3 - 4 keer per week by Curves en niks gebeur nie, kan dit wees dat ek muscle bou en nie gewig verloor nie of wat kan die probleem wees. Ek is raadop en besig om weer in depressie te gaan en wil nie weer pille drink nie. Het jy raad wat dit nog kan wees, hoekom is ek so hongerig, wat kan ek ekstra doen??? Asseblief en dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

LC

Nordette het hoe estrogeen inhoud en estrogeen is 'n eetlus stimulant. Sekere anti-depressante is ook bekend vir gewigs toename. Dit is moontlik dat jy spier bou, wat uiteraard swaarder is as vet. Ek stel voor dat jy meer fokus op kardio-vaskulere oefening (ten minste 45 minute, 4 keer per week) en minder op spier bou.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement