advertisement
Question
Posted by: Daantjie | 2011/04/30

Volstruisvleis en gout

Omdat ek kwaai sukkel met cholesterol en gout, het iemand my aangeraai om volstruis te eet ipv ander vleis. Maar nou kry ek EERS gout! Veroorsaak die baie protein dan uriensuur?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Daantjie
Dit is nie verrassend nie dat volstruisvleis jou jig vererger. Jig word veroorsaak deur 'n ophoping van uriensuur in die gewrigte. Uriensuur word in die liggaam geproduseer uit stowwe met die naam van puriene. Puriene kom veral voor in orgaanvleis (lewer, niertjies), rooi vleis (bees, skaap, vark, wildsvleis), pluimvee (dus ook in volstruisvleis), vis, souse gemaak van vleisaftreksel, ansjovis, peulgroente, ens. Aangesien jy so sukkel met cholesterol en jig, sal ek aanbeveel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele evaluering en 'n dieetvoorskrif wat albei jou probleme aanspreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Find a dietitian' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en doen 'n soektog met "Diet & Gout", en klik ook op 'Food as Medicine' en lees die artikels onder die 'Healthy Heart' afdeling om meer te leer oor beperking van cholesterol.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement