advertisement
Question
Posted by: Marie | 2012/03/01

Vog in liggaam

My pa het ''a anerisme in sy knie gehad en is al ontslaan maar die wond bly geswel en daar word gesê  dat hy te veel vog het wat die liggaam nie kan verwerk nie. My vraag is wat kan hy doen om te help om die vog minder te maak. asseblief.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Marie,

Dankie vir die vraag. Swelsel van die wond, waar jou pa sy aneurisme chirurgie gehad het, en swelsel van die liggaam, as ‘n gevolg van vog wat die liggaam nie kan verwerk nie, is gewoonlik twee heeltemaal onafhanklike toestande.

Daar is verskeie toestande wat swelsel van die liggaam, en veral die voete en enkels, kan veroorsaak, byvoorbeeld harttoestande, niertoestande, en spatare. Die chirurg wat die aneurisme-operasie op jou pa gedoen het sal die swelsel van die wond kan behandel, maar ek wil voorstel jou pa raadpleeg ‘n internis wie die oorsaak van die swelsel van die liggaam sal kan vasstel en jou pa raad sal kan gee hoe om die vog toestand te behandel.

Best wense. JT.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Renier | 2016/03/18

Ek wil net noem ek het ses maande terug van n leer af geval 2 verdiepings ver. gewrig by my regter hand gebreek linker skouer was uit en bokant my linker oog oop geval. Ek was heeltemal uit ek het glo baie sleg geval. van toe af pyn my bene veral kniee baie en het ek hierdie probleem van baie vog in my liggaam.

Reply to Renier
Posted by: Renier | 2016/03/18

As ek in die oggend wakker word is my hele liggaam van my gesig tot my voete arms en hande baie geswel. Ek drink water pille 40mg in die oggende. Ek water nie baie nie en die swelling word net meer deur die dag. Tot my vel kliphard geswel is wat kan die oorsaak wees. Ek is 60jr.

Reply to Renier
Posted by: clair | 2014/12/19

Ek is nu van 43, eet nou minder, het n histerektomie gehad so 7 jaaar terug, ek het hormonie plakers gebruik, tot onlang self besluit om op te hou daarmeean a.s.g van om te hoor die hormoon vervangers gee kanker af, toe het ek dit gelos uit vrees daarvan te los, ek het we'll warm gloede, meer as wat ek kan tel, nou na 4 maande begin ek agter kom hoe minder ek eet en meer koue water drink om my liggaam af te koel, hoe meer bou ek water op, my middel by my buik, ek gaan gereeld toilet toe maar nie genoeg nie, net 2 tot miskien 4 keer per dag, bou ek te veel vog op sonder om af te gooi? Moet ek dalk n water pill begin drink om minder vol te voel na n halwe glas water, ek is lief vir water, maar kan nie slaap in die nag as ek dors is nie en net n sluk vat, dan wil ek amper verstik hoe versaadig ek voel van n sluk of twee net van water deur die middel van die nag????? Asb HELP!!!!!!!!!!!!!!!!!

Reply to clair
Posted by: Cardiologist | 2012/03/19

Beste Marie,

Dankie vir die vraag. Swelsel van die wond, waar jou pa sy aneurisme chirurgie gehad het, en swelsel van die liggaam, as ‘n gevolg van vog wat die liggaam nie kan verwerk nie, is gewoonlik twee heeltemaal onafhanklike toestande.

Daar is verskeie toestande wat swelsel van die liggaam, en veral die voete en enkels, kan veroorsaak, byvoorbeeld harttoestande, niertoestande, en spatare. Die chirurg wat die aneurisme-operasie op jou pa gedoen het sal die swelsel van die wond kan behandel, maar ek wil voorstel jou pa raadpleeg ‘n internis wie die oorsaak van die swelsel van die liggaam sal kan vasstel en jou pa raad sal kan gee hoe om die vog toestand te behandel.

Best wense. JT.

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement