advertisement
Question
Posted by: Mavoeta | 2011/04/06

voete

My man het so twee maande gelede ''n abses op ''n private plek gehad wat toe getreineer is. Hy het daarna binne-aarse antibiotika en ook ''n reeks antibiotika ontvang. Ek noem dit want die probleem het net na dit ontstaan. Sy voete het net skielik begin seer raak. Dit is branderig en jeukerig en voel soos voete wat " deurgetrap"  is - veral die kant van die voet en pyn partykeer in die haak in, maar daar is niks opsigteliks aan nie. GP het suiker en sure getoets, maar alles is ok. Hy gebruik nou anti-inflamitoriese pille en ons smeer maar voltaren en perdesalf aan. Dit voel beter na anti- inf maar word nie gesond nie. Hy het ook nie meer as gewoonlik gestap nie. Ek weet nie of dit verband hou nie, maar sy kopvel aan die regterkant bly seer en teer. Het u dalk raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Is die abses gesond/genees? Indien nie, kan die infeksie sy simptome veroorsaak. Selfs die antibiotika kan pynlike gewrigte/voete veroorsaak. Met ontvangs van jou antwoord, sal die aangeleentheid my verdere aandag geniet.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Mavoeta | 2011/04/07

Dr Burger

Die adses is heeltemal genees! Dis net die voete wat pla.

Reply to Mavoeta

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement