advertisement
Question
Posted by: Beth | 2011/04/05

Voet probleme

Hi Doc,
Ek het `n ruk gelede opstelle gekla oor my seer voet wat eers met Ostoiitis en later met Plantar Fascsiitis gediagnoseer is.
Die uiteinde is dat ek verlede maand `n op. gehad het vir Tarsale sindroom en ook `n spur op die kalkaneus (onder die hak). Pyn is beter, maar buitekant van voet, onderbeen en agter die knie is so seer dat ek nog steeds nie kan loop nie. Dit was deel van my oorspronklike klagte. Nou wil `n neurochirurg `n peroneal loslating doen na aanleiding van geleidings toetse. Wat geen klemming kon indentifiseer nie, maar die senuwee is baie dun en die spiere is weggekwyn in die onderbeen. Doen ek die regte ding, en wat is die gevolge van so `n prosedure? Neuro sê  geen negatiewe gevolge nie, maar ek soek net ondersteuning in my besluit?
Dankie weereens!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beth

Dit is werklik jammer dat jou voet soveel komplikasies veroorsaak. Die meeste van die probleme is algemeen, maar in jou geval, lyk dit asof alles op een slag verkeerd geloop het. Loslating van die peroneal senuwee, is 'n klein operasie en behoort geen nagevolge te he nie. Met loslating van die senuwee, behoort baie van jou pyn en simptome beter te wees.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Jean | 2015/12/04

Hi Dok My regtervoet het so paar weke terug baie seer geword. As ek oggend opstaan is dit baie styf en moet eers rukkie wag voor ek daarop kan trap. Die voet swel ook bo-op. Ons Dr het gesê dis Plantar Faciitis. Was 4 keer by fisio. Wanneer sy druk is die pyn bo-op en geen pyn onder die voet of hak nie. Die pyn is nie onder die hak of voet nie, maar bo-op voet. Snags het ek 'n brandpyn by die brug. X-strale wys daar is niks fout met die bene in die voet nie. Weet nie of jy my asb kan help nie.

Reply to Jean

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement