advertisement
Question
Posted by: Anneri | 2009/11/16

Voel nie goed nie (Galblaas verwyder 6/10/2009)

Dokter ek soek raad my galblaas is die 6/10/2009 uitgehaal ek het gedink ek gaan nou goed voel maar dit is nie dit geval nie
ek het die dronk gevoel in my kop dit voel partykeer of ek wil flou
word kan dit my bloeddruk wees of is dit maar newe effekte van die operasie ek is ook deesdae depressief weet nie of dit
alles te doen het met die operasie nie. Ek eet sover as moontlik
vetvrye kos ek kan glad nie vleis eet nie net om daaraan te dink
maak my naar ek eet so nou en dan hoender of vis meeste van die tyd net brood. My ouderdom is 32.
Hoop dokter het raad
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anneri
Nee jy behoort nie agv die galblaas operasie hierdie simptome te hê nie. Jy moet maar jou bloeddruk laat toets en 'n volbloedtelling laat trek(miskien het jy baie bloed verloor tydens die operasie). As jy dalk stress of 'n traumatiese ervaring gehad het onlangs kan dit die rede vir die depressie wees - praat met jou dokter en kyk of jy medikasie kan gebruik daarvoor. Probeer meer groente en vrugte eet.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/04/15

Liewe Dr Bets, Ek is n 54 jarige man en my galblaas is 4 weke gelede uitgehaal. Na my galblaas verwydering wou ek by die Dr weet wat nou die newe effekte sou wees en wat mag ek eet en wat nie. Die basiese ding is maar vertel van vetterige en ryk kosse wat vermy moet word. Weens my ervaring van ander siektes toestande (chroniese gout) het ek hard geleer om nie goeds moeds net dokters se "raad" te aanvaar nie en nog erger.... jou basis bo-op dit te bou nie.Dit sal baie gevaarlik en roekeloos wees aangesien ek jare gelede al bed-leend sou wees as ek na jou beroeps kolegas moes luister. Ek sien u verwys in albei gevalle in u kommentaar na groente en vrugte. Ek stem gedeeltelik met u saam met die groente en vrugte..... aangesien groente nie net goeds moeds ge-eet kan word vir iemand met hoe uriensuur vlakke nie. Die by-produkte en speserye gesamentlik met die gaarmaak proses speel n ongelooflike groot rol in hoe groente ge-eet kan word tot "voordeel" van die pasient.Dus om net vir u pasient te se... eet groente... en dit te veralgemeen is n groot fout. Die 2de uitdaging is die "vrugte" . Hier is die uitdaging nog groter en nie almal kan vrugte eet nie. Indien die pasient vrugte kan eet, 1) kan hy\sy dit normaal eet...2) kan hy\sy dit eet met n voorwaarde....3) kan hy\sy alle vrugte eet...of net sekere vrugte. In sekere situasies kan vrugte net alleen ge-eet word, en ook slegs 4 ure voor en of na ete. Ek vra hierdie vrae spesifiek aangesien u nie verwys na suiker probleme en of uriensuur probleme om maar net n paar te noem nie, weens die hoe vlakke van suiker in die vrugte.My oe rek lekker vir u raad aangesien homeopate redelik van mediese dokters verskil. Ek verwys verder na mediese beroepe wat ook homeopatiese dokters is en dus albei kante van die draad ken.Die homeopatiese dokters het dadelik vir my n middel voorgeskryf wat die lewer ondersteun en dus van die gal ontslae raak. Ek het tot op hede nog geen naarheid en of opgeblaasheid ervaar nie en volg n normale lewe. In my oplees oor die onderwerp het ek op verskeie internet verslae afgekom wat beweer dat die liggaam homself sal korrigeer nadat die glalblaas verwyder is oor n tydperk van n paar maande en dat die verwagting n normale leefstyl sal wees. Dit word ook weerspreek deur die homeopatiese dokters. Die feit dat die liggaam die gal beter hanteer beteken nie ons kan nou eet wat ons wil, sonder om met addisionele versorging vir die lewer te help nie. Dus is my opinie met eerste handse ervaring dat die lewer wel ondersteuning nodig het en dat daar nie net op vrugte en groente staat gemaak kan word nie, hoewel dit baie voordelig kan wees indien dit op die korrekte metodes voorberei word. Daar is ongelukkig duisende mammas en pappas en tjef's wat daagliks hierdie kosse voorberei en nie alles is gesond, en of voordelig vir ons nie, gebaseer op die voorbereiding en of kook prosesse wat gevolg word. Groete

Reply to Anonymous | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2015/04/26

Hi. Kan by ASB die naam van die middle vir my gee. My galblaas is in 1998 verwyder end ek sukkel geweldig. Baie Dankie

Posted by: Monica | 2010/02/12

My ma is 49 jaar oud en het omtrent 3 weke terug haar galblaas laat verwyder. Sy was die dag na die operasie ontslaan en terug huis toe. 3 dae daarna is sy terug hospitall toe met verskriklike pyn, sy was weer opgeneem en hulle het al die infeksie gedreineer. Na 6 day in the hospitaal en op antibiotika is sy weer ontslaan. Sy het n dokter na die tyd gaan sien en die dokter her voorgestel sy moet kyk dat sy nie geel word nie en moet haar koors dophou. Sy kry verskriklike hoofpyne en se sy voel partykeer benoud, ons hou haar koors dop omdat dit hoog was in die hospitaal. Sy kla dat dit party keer voel of al haar binnegoed rond beweeg in haar maag. Sy lei aan hoe bloed druk en is ook op antideprisante. Sy kan ook glad nie in die aand slaap nie. Hoop dr kan vir my raad gee.

Reply to Monica
Posted by: cyberdoc | 2009/11/16

Hallo Anneri
Nee jy behoort nie agv die galblaas operasie hierdie simptome te hê nie. Jy moet maar jou bloeddruk laat toets en 'n volbloedtelling laat trek(miskien het jy baie bloed verloor tydens die operasie). As jy dalk stress of 'n traumatiese ervaring gehad het onlangs kan dit die rede vir die depressie wees - praat met jou dokter en kyk of jy medikasie kan gebruik daarvoor. Probeer meer groente en vrugte eet.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement