advertisement
Question
Posted by: Ettezil | 2011-10-06

Voel net nie te lekker nie

Middag Dokter,
Ek is 31, die afgelope paar dae voel ek net nie lekker nie. Nie soos ek altyd gevoel het nie. Ek voel kort kort verskriklik honger of altans dit voel soos erge honger pyne maar ek is nie honger nie want ek eet gereeld. Ek kry ook kort kort so n steek pyn in my bors en ook kort kort kan ek skielik voel hoe my hart vinniger begin klop. My voete pyn die hele tyd asof ek ure en ure lank gestaan het. Wat kan fout wees

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ettezil

Daar is heelwat moontlikhede wat ondersoek moet word en ek stel daarom voor dat jy jou dokter konsulteer. Iets soos gastritis (inflammasie van die maag) kan 'n mens baie honger en olik laat voel. Soms met gastritis, vind daar klein areas van bloeding plaas met gevolglike bloedverlies. Jou voete se simptome kan verklaar word, indien daar bloedverlies is, met 'n lae ystertelling en lae suurstof dra vermoe van bloed.

Ek stel wel voor dat jy eerder jou dokter so gou as moontlik konsulteer. Jy kan intussen (oor die naweek) Gaviscon Advanced, drie maal per dag voor etes gebruik.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement