advertisement
Question
Posted by: Theresa | 2011/02/21

Voel bewering na ek geeet het.

Ek het so pas weer die ervaring gekry en nou wil ek weet hoekom. Wanneer ek geë et, dan voel ek moeg (lomerig) of bewerig. My hartklop voel ook vinniger, maar nie teveel nie. Hoekom?
Nog ''n vragie: Ek weeg 56 en is 1.7 lank. Is ek onder gewig? My ouderdom 44.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Theresa
Eerstens is jou huidige BMI = 19,4 wat baie laag is. 'n BMI onder 20 word meestal as ondergewig beskou. Die feit dat jy bewerig voel nadat jy geëet het, kan 'n aanduiding wees dat daar fout is met jou bloedsuikervlakke. Dit kan of dui op hipoglisemie of insulienweerstandigheid. Ek sal aanbeveel dat jy jou huisarts konsulteer en vir hom/haar vra om jou insulien- en bloedsuikervlakke te laat toets. Indien jy aan hipoglisemie of insulienweerstandigheid ly, moet jy asb 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy klik en dan op 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Terwyl jy op die Webwerf is, klik ook op 'Food as Medicine' en 'Type 2 diabetes' om meer inligting te bekom.
Die dieetkundige sal ook jou liggaamsgewig en huidige dieetinname kan evalueer.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: theresa | 2011/02/22

Thanks Doc. Sal so maak.

Reply to theresa
Posted by: DietDoc | 2011/02/21

Beste Theresa
Eerstens is jou huidige BMI = 19,4 wat baie laag is. 'n BMI onder 20 word meestal as ondergewig beskou. Die feit dat jy bewerig voel nadat jy geëet het, kan 'n aanduiding wees dat daar fout is met jou bloedsuikervlakke. Dit kan of dui op hipoglisemie of insulienweerstandigheid. Ek sal aanbeveel dat jy jou huisarts konsulteer en vir hom/haar vra om jou insulien- en bloedsuikervlakke te laat toets. Indien jy aan hipoglisemie of insulienweerstandigheid ly, moet jy asb 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy klik en dan op 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Terwyl jy op die Webwerf is, klik ook op 'Food as Medicine' en 'Type 2 diabetes' om meer inligting te bekom.
Die dieetkundige sal ook jou liggaamsgewig en huidige dieetinname kan evalueer.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.