advertisement
Question
Posted by: Sharon | 2004/10/20

Q.

Vlooie op hond - soek raad, asb!

My worshond, of stel dit so, 'n gebasterde worshond is nou 7 mnde oud en het vlooie. Ek het gehoor dat ek haar moet bad in Detol, maar ek is te bang, dit sal moes haar vel uitdroog. Ek bad haar gewoonlik dan gebruik ek sommer Head & Shoulders shampoo. Wat kan ek doen dat sy van die vlooie ontslae kan raak. Die ander probleem is die vlooie byt my en dit lyk of ek alergies is daarvoor, want dit is groot ronde knoppe wat ongeloof baie jik en ek het baie bytmerke, op my voete, bene, lyf ens. Sy slaap soms by my in die bed, maar ek kan nie ontslae raak van die vlooie in die bed nie. Ek het al my beddegoed gewas maar dit is maar nogsteeds daar. Wat kan ek doen. Het iemand dalk vir my raad.
Dan wil ek ook weet, kan 'n mens siek raak van al die gif van vlooie.
Baie dankie en ek sal die raad waardeer.
Sharon

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberVet

Hi Sharon
Fleas can be a big problem. Here are some tips:
Get a good quality dip/spray/topspot from your vet or chemist (e.g. Frontline or Advantage), but make sure you get the correct one for her size, age and weight or you could poison her. These are better than the flea shampoos that are available. Follow the instructions carefully on the package. You will have to repeat this about once a month for a few months at least, if not forever. At the same time you can also try Capstar tablets, which kill all fleas on your dog for 36 hours, or Program tablets, which stop fleas breeding for about a month.
Fumigate your house with Doom Fogger or something similar to get rid of the fleas in your floors and furniture. It's best to do it overnight and stay at a friend for the night, with your animals. You may have to do this more than once and then again in a year's time, as flea eggs can survive anything and then hatch the next season.
Vacuum your mattress and pillows regularly as well as washing the bedding.
Discourage your dog from sleeping in your bed. Give him his own blanket on the floor, which you must wash regularly.
Karen Gray-Kilfoil
ANIMAL BEHAVIOURIST

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or person harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
user comments
Posted by: Sharon | 2004/10/22

Baie dankie vir julle raad, ek waardeer dit opreg. Corné, ek het gehoor van die sout storie maar nie geglo nie, maar ek gaan dit probeer.
Môre is dit "die" dag. Kan nie wag om die peste uit te roei nie.
Lekker naweek.
Dankie weereens
Sharon

Reply to Sharon
Posted by: Corné | 2004/10/22

Hi, jy begin basies met 'n CAPSTAR pilletjie, die vlooi val binne 'n uur morsdood af. (Die pil werk net vir 24 uur, maar dit sal die ergste afkry.) Dan bad jy vir brakkie met 'n honde-sjampoo.(Ek weet jy "mag" nie, maar J&J se baba-sjampoo werk nog al die jare vir my en my diere)
3 Dae later FRONTLINE & dan maandeliks frontline of ADVANTAGE (bietjie goedkoper). Supermarkte se produkte help NIKS. Veral nie die dip, poeier en gif-nekbandjies nie!! Dit doen hulle velle meer skade.
'n Boereraad vir vlooie in jou kamer/bed. Strooi growwe sout op jou mat en om die "skirtings" van die kamer en op jou matras.
Laat dit heeldag so bly & stofsuig op die aand.
My oupa het altyd gesê hulle gee pad, want hulle voetjies brand, maar dit werk!! Ek het 2 honde & 2 katte wat in die huis bly en by my slaap ini bed.
Hoop ek maak sense!
Corné

Reply to Corné
Posted by: Pi | 2004/10/20

Sharon, nog iets. Ek onthou 'n klomp goed so met die tyd. Moet GROOT ASSEBLIEF nie die vlooi goed op jou brakkie sit wat in die Spar of Pick 'n Pay kan koop nie. Ek het daai fout gemaak met my min pin en sy 'n geweldige allergiese reaksie teen dit gehad. R700 later, kortisoon inspuitings en pille, haarverlies en 'n seer kors op haar nek, en my erge skuldgevoel later was sy weer gesond.

Reply to Pi
Posted by: Pi | 2004/10/20

En as tandepasta nie help nie, ek gebruik 'n salf - Phenergan. Help onmiddellik.

Siek sal jy nie word van vlooie byte nie, dis net erg ongemaklik.

As jy jou beddegoed was probeer dit in kokende water was, sal die vlooi eiers wat nog rond hang dood maak.

Reply to Pi
Posted by: Acineth | 2004/10/20

Ek wou nog se - dit klink seker snaaks en lyk vreeslik so jy moet dit maar net in die aande doen - maar tandepaste help vir die juk waar die vlooie vir jou gebuit het.

Reply to Acineth
Posted by: Acineth | 2004/10/20

Pi se advies is goed. As jy dink frontline is te duur, is daar goedkoper opsies.

Jy se jy bad die hond in Head and Shoulders. jy moet nooit mense sjampoo op honde gebruik nie - dit droog hulle vel uit. Honde sjampoo is nie te duur om te gebruik nie, en is vir hulle velle geformuleer. Daarby kry jy ook sjampoo wat vir vlooie help.

Daar is iets wat jy in die supermark kan koop - carpet & bedding spray. Jy sal dit op jou matte moet sprooi - die vlooie is seker by hierdie tyd ook daar.

Reply to Acineth
Posted by: Pi | 2004/10/20

Sharon, gaan gesels met jou veearts! Daar's nie regtig 'n konvensionele manier om van vlooie ontslae te raak nie. Die klein helsems teel aan soos, wel, vlooie. Die veearts sal jou dalk frontline spray voorstel, jy kry ook tablette wat jy die hond ingee wat die vlooie steriel maak en so die siklus van aanteel verbreek. Eerste prioriteit is om die die probleem self behandel en dis op die hond, bad gaan nie help nie, jy moet die aanteel siklus verbreek. Vir jouself sal ek voorstel jy kry iets soos tabart lotion of peaceful sleep, sal hulle weghou van jou af. Vlooie is 'n pes as hulle eers oorgeneem het, dit sal 'n paar weke vat voor jy die lot onder beheer het.

Reply to Pi

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement