advertisement
Question
Posted by: TANYA | 2008/09/10

Vleis en Hoofpyn

Dokter, graag wil ek weet die volgende asb: Ek eet deur die week groente geregte, of pasta met tuna en groente of vis of hoender. Maar een keer ' n week is ek lus vir rooivleis. Gisteraand het ek 4 skilpadjies geeet en 2 weke terug het ek ' n 200 g steak gehad. Maar ek weet nie of ek my verbeel nie, maar ek sit nou 1 en 1 bymekaar en kom tot die gevolgtrekking dat die rooivleis my hoofpyn gee. Nadat ek die steak geeet het, 2 dae presies daarna het ek een hengse migraine gekry. Na die skilpadjies gisteraand het ek vanoggend ' n effense hoofpyn. Kan dit wees dat rooivleis my die hoofpyn gee? Omdat ek dit dalk te min eet? Wat in rooivleis kan my hoofpyn gee?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tanya
Daar is sekere voedsels waar dit wel bekend is dat hulle migraine veroorsaak, soos bv. ryp kase, rooi wyn, biltong, kafeïen), maar rooivleis as sulks behoort nie die migraine hoofpyne uit te lok nie. Aangesien jy met die vorige slag eers na 2 dae die migraine ontwikkel het, dui dit daarop dat dit waarskynlik nie die rooivleis was nie, want persone wat voedsel-sensitiewe migraine aanvalle kry, ontwikkel die migraine binne ongeveer 12 uur nadat hulle die kaas of biltong geëet het. Miskien moet jy met die dr wat jou migraine aanvalle behandel gesels oor ander potensiële oorsake soos stres, moegheid, of hormoonskommelings, wat almal moontlik kan bydra tot die ontstaan van die soort hoofpyne.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement