advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/03/14

Vitamin B inspuiting

Hallo Dokter. Ek wil graag gaan vir die Vitamin B inspuiting want het by iemand gehoor dit help met lae energievlakke.
Ek wil net eers uitvind of dit my probleem sal oplos of verbeter.

Ek eet baie gesond, en oefen baie gereeld by Curves en stap gereeld.

Ek het geen probleem met moegheid deur die dag nie. Ek sit basies heeldag voor ''n rekenaar en loop net nou en dan rond in die kantoor of wanneer ek ''n breuk vir ete vat sal ek bietjie buite gaan rondloop.

My probleem is egter dat ek nie in die oggende wakker word nie. Ek is doodmoeg wanneer ek moet opstaan in die oggend en verslaap elke oggend. Ek stel al twee alarms want langs my bed le maar ek sit albei af sonder dat ek dit eers weet en dan slaap ek verder en skrik elke oggend laat wakker. Ek wil nie die alarms verder van my bed af sit nie want ek wil nie my twee kleuters so vroeg al wakker maak nie. Ek gaan slaap ook nie laat nie en sukkel glad nie om aan die slaap te raak nie. Ek slaap tussen 7-8 ure met geen steurnisse nie.

So van 9 uur die oggend af dan voel ek heel goed en so ook deur die dag.

Ek wil graag weet of die vitamin B inspuiting dalk sal help hiervoor. Ek wil nie daagliks aanvullings gebruik nie want ek het nie die finansies daarvoor om dit maandeliks te koop nie. Ek glo ek eet goed genoeg om alles in te kry wat ek moet wat die ander vitamines aanbetref.

Enige raad asb?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenn

Vitamien B12 inspuitings kan baie goed werk. Ek stel wel voor dat jy jou dokter vir 'n verwysing vir 'n slaap studie vra, aangesien dit moontlik is dat jy nie genoeg R.E.M slaap deur die nag kry nie. 7 tot 8 ure slaap per nag is genoeg slaap en jy behoort nie te sukkel om wakker te word nie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement