advertisement
Question
Posted by: worsie | 2009/08/18

Vitamien aanvullings

Hallo Doc,
Behoort ' n mens aanvullings te neem om ' n gesonde lewe te lei? Spesifiek Omega 3 ," Evening Primrose"  &  kalsium? Ek het so min of meer vrede met die res van die vitamiene en minerale. Die bemarkingsafdelings van die onderskeie verskaffers van die pille doen ' n baie goeie " job" , en ' n mens kan nie help om te twyfel nie.

Dankie vir die hulp.
Vriendelike groete.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Worsie
Basies het mense wat 'n goed gebalanseerde dieet inneem, nie vitamien-en mineraalaanvullings nodig nie. Omega-3 is egter dikwels 'n probleem omdat die moderne dieet so baie omega-6 bevat (dit kom voor in alle plantaardige olies, margarien, ens), en die twee soorte vetsure met mekaar kompeteer in die liggaam. Volgens deskundiges behoort ons inname van omega-6 tot omega-3 10:1 te wees, maar in die praktyk is dit nader aan 40:1. Dus is aanvulling met omega-3 soos salmolie 'n goeie idee. Dit is nie nodig om "Evening Primrose" of te wel omega-6 aan te vul nie aangesien ons alreeds 'n oormaat inneem. Kalsium kan maklik ingeneem word mits jy 3 porsies melk of jogurt of kaas per dag inneem. As jy vir een of ander rede nie melk en suiwelprodukte kan gebruik nie, dan is dit goed om kalsiumaanvullings wat ook vitamine D en K2 bevat soos MenaCal.7, te neem.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement