advertisement
Question
Posted by: Miemie | 2011/05/10

vis allergie?

Hi, my man het vanmiddag gebakte hotentotsvis geeet. Na omtrent n half uur of uur het hy begin sleg voel. Hy se hy kry steekpyne op sy maag, gooi op en voel of hy koue koors het. So 2 weke terug het hy ook oor n naweek se tyd 4 krewe geeet en dieselfde simptone gekry. Kan hy dalk allergies daarvoor wees en wat kan ek vir hom gee?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Miemie

Hoe vars was die seekos? Dit is moontlik dat hy voedselvergiftiging opgedoen het wat met maagpyn, naarheid en braking en koue koors presenteer. Voedselvergiftiging kan baie vinnig intree waar daar 'n groot oormaat bakteriee, bv. Stapholococcus, teenwoordig is.

Met 'n allergie verwag 'n persoon gewoonlik 'n veluitslag, gekenmerk deur groot areas van opgehewe rooi jeukende vel. Indien jy 'n allergie verdink, kan sy dokter bloedtoetse uitvoer om dit te bepaal.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement