advertisement
Question
Posted by: Marzaan | 2009/01/21

Vis

Ek is mal daaroor om pakkies bevrore vis van Sea Harvest te koop. Gewoonlik koop ek die Country Fry of Batter Dipt. Ek het vandag op die Batter Dipt pakkie gekyk en was geskok oor die totale vetinhoud per 100g! Daar staan dat die totale vet inhoud 10.2g per 100g is. Ek bak dit in die oond om sodoende die vetinhoud so laag moontlik te hou, maar voel net dat teen 790KJ en 10.2g vet per 100g dit nie ' n baie gesonde opsie is om die vis te eet nie. Stem u saam?

Ek koop ook soms die Grill Bakes variasie. Dit het 380KJ en 3g vet per 100g. Is dit beter om dit te eet?

Hoeveel vet per 100g is gesond of goed wanneer mens probeer gewig verloor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Marzaan
Ja dit is nogal verbasend as mens etikette begin lees en sien hoe hoog die kJ-en vetinhoud van sommige kosse is, wat as 'gesond' beskou word. Die Grill Bakes variasie bevat die helfte van die energie inhou en omtrent 'n derde van die vetinhoud van die ander visprodukte wat met beslag of krummels in diep vet voorberei is. Dit is dus verre weg die beter opsie. Algemeen gesproke, behoort 'n porsie kos nie meer as 3 g vet te bevat as jy probeer gewig verloor nie. Jy kan ook die rou vis porsies koop en dit in die oond bak met tamatiesous, knoffel, kruie en suurlemoen sap - smaak lekker en is laag in vet en energie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement