advertisement
Question
Posted by: Piet | 2010-01-26

vinnige hartklop

Hello Dok

Ek het ' n probleem dat hy hart deur die dag sommer eweskielik vinnig begin klop, oor die 120 bps. Dit gebeur as ek voor my lessenaar sit en self wanneer ek al in die bed is vir geen rede nie, bedoelend ek is rustig op daardie oomblik. Ek was nou al by twee interniste altwee het ' n stress ekg en hart sonar gedoen wat normaal was en my GP het ook al ' n ekg gedoen terwyl ek so ' n episode gehad het en dit was ook normaal. Hulle het bloedtoeste gedoen van my skildklier en elektrolytes en nog klomp ander goed wat ook normaal was. My cholestrol is normaal en bloedruk is 110/70. Die een internis het my op Xanor gesit want hy se dit is stress. Ek het die xanor gelos na 5 dae want dit het my depresief gemaak. Die ander internis se ek moet meer oefen. Weet nie hoe dit moontlik is nie, want ek is die heeltyd moeg. My GP het my op inderal gesit dit het nogal gewerk maar hy wou my nie langer as 6 weke daarop sit nie. Ek weet nie wat om volgende te doen nie, hulle kry niks fout nie maar tog hou my symtome aan. wat stel u voor asb.

Dankie

Piet

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Piet
Vra jou GP om nog een ding te doen - 'n Holter EKG. Dit is 'n mobiele EKG wat jy 24 uur dra en wat jou hart vir 24 uur monitor. Dit wys baie keer goed op wat mens nie andersins optel nie. Jy kan dalk PVT (paroxismal ventricular Tachycardia) hê, 'n ongemaklike maar nie gevaarlike toestand. (http://www.medicinenet.com/paroxysmal_supraventricular_tachycardia_psvt/article.htm)
Probeer bietjie die volgende as dit weer gebeur: druk jou neus toe en blaas teen jou toe neus soos wanneer jy jou ore wil oop hê as dit toeslaan. Soms help dit om die hartkloppings te stop.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016-02-22

i was going through alot of stress the past two years. i was in the parkinglot of a shoppingmall. when i got into the cat I suddenly had terrible chestpain could not breath and started to vollapse. i thought it was a stroke due to my hig bloodpressure. i was just going and going while i tried to get close to people. i could not talk or breath and terrible humbling came out of my mouth. i collapsed in the shop and vomit on the shop.terrible incontrollable shakes of my whole body and could not bring out a word. vould not breath..ambulance came to pick me uP. SUGARLEVELS WENT UP TO 15 in ambulance and i think 230 beats or 230 bloodpressure. i was admiited into state hosoital . two wonderfull doctors did their best but could not figure out what happened.i was halfday in hospotsl and they manage to stabelize me. But your opinion

Reply to Anonymous
Posted by: Dollie Holtzhauzen | 2010-06-14

Tha doctor precribed Neurexal for me because I had a bad back
injury and I am always in pain. He said that Neurexal will lift up my pain-threshold. Is this a option? Is the taking of this medicine correct. I do not want to drink pain-killers.

Reply to Dollie Holtzhauzen
Posted by: GIRLEY | 2010-02-07

SKIELIKE NEEDLES N PINS IN MY HANDE. ERGE HOOFPYN. HANDE PARTYMAAL SEER, VOEL OF DIT VOL DORINKIES IS. DR GEE AUGMENTIN, NEUREXAL, PROPAIN. NIKS HET GEWERK. MOET EK BEKOMMERD WEES?

Reply to GIRLEY
Posted by: cyberdoc | 2010-01-26

Hallo Piet
Vra jou GP om nog een ding te doen - 'n Holter EKG. Dit is 'n mobiele EKG wat jy 24 uur dra en wat jou hart vir 24 uur monitor. Dit wys baie keer goed op wat mens nie andersins optel nie. Jy kan dalk PVT (paroxismal ventricular Tachycardia) hê, 'n ongemaklike maar nie gevaarlike toestand. (http://www.medicinenet.com/paroxysmal_supraventricular_tachycardia_psvt/article.htm)
Probeer bietjie die volgende as dit weer gebeur: druk jou neus toe en blaas teen jou toe neus soos wanneer jy jou ore wil oop hê as dit toeslaan. Soms help dit om die hartkloppings te stop.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement