advertisement
Question
Posted by: Chantal | 2012/03/26

Vibrasie in my kop

Hi, Ek is nou 24 jaar oud en van verlede jaar November af kry ek die snaakste vibrasie gevoel in my kop en met die gevoel wat ek dan nou kry word ek ook duislig en na dit as dit baie erg was die dan voel ek baie naar na die tyd. Dis soms so erg dat ek amper nie eers op my twee voete kan staan nie en deesdae gebeur dit so 3-4 keer ''n week. Baie mense se dis my suiker maar ek eet elke dag in die oggend pap en dan so by 10 uur eet ek dan vrugte, so ek kan nie verstaan dat dit my suiker kan wees nie. So as ek net ''n bietjie raad kan kry om meer uit te vind wat dit kan wees sal ek dit dan baie waardeer.

Groete

Chantal

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Chantal

Jou simptome is moontlik as gevolg van 'n vorm van epilepsie en ek stel daarom voor dat jy 'n neuroloog so spoedig moontlik konsulteer. Dit kan ook weens lae bloedsuiker wees, maar die neuroloog sal alle moontlikhede ondersoek en dit is veral belangrik om epilepsie uit te skakel.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement