advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/10/13

Vettie

Hallo dokter

Ek was 5 jr gelede by ''n dieetkundige. Ek het sowat 6kg verloor. Daarna het ek Weight Watchers probeer,10 kg verloor. Jare later, na al die gesukkel, het die dr vir my Relislim voorgeskryf. 8kg verloor. Ek is tans nogsteeds op Relislim, maar het 5kg opgetel. Dit werk net nie meer vir my nie.

Ek het gister besluit om weer ''n dieeetkundige te gaan sien. Maar my probleem is nie so erg eet nie. Ja, my porsies is TE groot, maar ek kan net nie ''n lief kry vir oefen nie. Tot stap wat altyd vir my lekker was, onmotiveer my. Ek het die tyd om te gaan oefen. Ek is net nie lus nie.

Ek het bietjie navraag gedoen met die dieetkundige wat ek gaan sien en sy het gesê  sy stel oefeninge voor, maar dat ek nie in haar spreek kamer bv. kan oefen nie.

Dink dr nie dis dalk beter vir my om NIE ''n dieetkundige eers te sien nie en dalk liewers ''n " personal trainer"  by die gym of dalk ''n biokinetikus eerder gaan sien nie?

Raadop verby met hierdie VET PENS!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ek dink dat dit 'n goeie idee is dat jy albei die dieetkundige en 'n biokinetikus gaan sien, m.a.w. dat jy jou gewigsprobleem gelyktydig met 'n verslankingsdieet EN oefening aanpak. As ek so lees wat jy skryf dat wil dit voorkom dat jy 'n probleem het met motivering. Indien jy vind dat jy ook nie deur die gym of biokinetikus gemotiveer kan word om te oefen, dan wil ek voorstel dat jy Walk for Life probeer. Walk for Life is 'n goeie opsie vir persone wat elke keer as hulle oefen ook aangemoedig moet word. Google gerus 'Walk for Life' om uit te vind of daar 'n tak naby jou is, al dan nie.
Pak dus die probleem op 2 fronte aan.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Kitty | 2011/10/13

Helena. Ek was al in jou skoene, van oorgewig wees en moeg wees vir dit. Toe het ek begin dieet..MAAR...oefening is die groot geheim met gewigsverlies. Ja, mens verloor so bietjie deur net reg te eet en watookal, maar om daai hardnekkige vetterigheidjies te verloor moet jy oefen, oefen oefen. En die realiteid, maak nie saak hoe hard dit is om te sluk nie, is dat as jy nie gaan oefen nie, moet jy maar begin vrede maak met jou vet lyf. En onthou, gewigverlies begin in jou kop, as dit daar nie reg is nie, kan jy maar vergeet. Ek dink teen die tyd weet jy al wat om te eet en nie te eet nie, maar as ek jy was, sou ek eerder ge invest het in ''n trainer, wat jou kan druk en motiveer en die regte oefeneninge leer. Gewig verloor is nie vir sussies nie, maar die eind resultaat is absoluut die moeite werd.
Sterkte en ek hoop jy kom reg.

Reply to Kitty
Posted by: DietDoc | 2011/10/13

Beste Helena
Ek dink dat dit 'n goeie idee is dat jy albei die dieetkundige en 'n biokinetikus gaan sien, m.a.w. dat jy jou gewigsprobleem gelyktydig met 'n verslankingsdieet EN oefening aanpak. As ek so lees wat jy skryf dat wil dit voorkom dat jy 'n probleem het met motivering. Indien jy vind dat jy ook nie deur die gym of biokinetikus gemotiveer kan word om te oefen, dan wil ek voorstel dat jy Walk for Life probeer. Walk for Life is 'n goeie opsie vir persone wat elke keer as hulle oefen ook aangemoedig moet word. Google gerus 'Walk for Life' om uit te vind of daar 'n tak naby jou is, al dan nie.
Pak dus die probleem op 2 fronte aan.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement