advertisement
Question
Posted by: Chantal | 2011/01/25

Vetterige Lewer

Dr Bets, ek het verlede week baie pyn op die lewer ervaar en is na my huisdokter vir ''n voledige ondersoek. Ek het ook bloed laat trek vir suiker/skildklier, lewerfunksie, witbloedtelling &  cholesterol - al die toetse het normaal teruggekom. Cholesterol staan op 3.67 met LdL (2.9) &  HdL (0.92)

Die sonar wat van my lewer geneem is het wel ''n vetterige lewer gewys - my vraag is, hoe kan my cholesterol so goed wees maar die lewer wys inteendeels?
Is daar iets wat ek kan doen om die lewer te suiwer - ek moet noem dat my gp glad nie gepla daaroor is nie. Hy kon my wel geen verduideliking van die pyn gee wat ek wel ervaar het nie en ek is nie gelukkig daarmee nie.
Die pyn is nie meer konstant nie maar ek kry nog so nou en dan ''n steekpyn.

Ek moet ook net noem daar is terselfdetyd ook sonars gedoen van my spleen, pankreas, aorta,dikderm,galblaas, niere, baarmoeder, eierstokke en als was normaal.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Chantal
Sien http://www.bupa.co.uk/individuals/health-information/directory/f/fatty-liver-disease
Hulle moet dalk net kyk vir tekens van insulien weerstandigheid en as jy effens oorgewig is kan jy probeer gewig verloor. As die pyn nie weggaan nie, vra jou dokter moet net ook kyk of jy nie dalk 'n klein maagseer het nie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/25

Hallo Chantal
Sien http://www.bupa.co.uk/individuals/health-information/directory/f/fatty-liver-disease
Hulle moet dalk net kyk vir tekens van insulien weerstandigheid en as jy effens oorgewig is kan jy probeer gewig verloor. As die pyn nie weggaan nie, vra jou dokter moet net ook kyk of jy nie dalk 'n klein maagseer het nie?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement