advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/05/08

Vetter na troue

Ek is amper ' n jaar getroud en het tot nou nooit voorbehoed gebruik nie. Na die troue het ek gewig opgetel. Ek draf of ry fiets 4 tot 5 dae per week en eet gesond maar tot nou het ek nog niks verloor nie. Ek het ook nie in sentimeters verloor nie.
Hoekom verloor ek niks gewig nie?
Kan u my asb raad gee?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anonymous
Indien jy wel 'n hormonale metode van geboortebeperking gebruik, kan dit wel die rede wees hoekom jy sukkel om gewig te verloor ten spyte van al die goeie oefening en gesonde eetgewoontes. Dit is belangrik dat jy hierdie feit met die dr wat die pil voorskryf, moet bespreek want die dr kan moontlik ander metodes voorstel wat nie inmeng met jou gewig nie. Jy kan jou gewig beheer deur 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') saam met jou oefening te gebruik.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement