advertisement
Question
Posted by: Zenia | 2012/10/18

Vetsugtig en verloor baie moeilik gewig

Goeiedag Doc

Ek is vetsugtig (morbidly obese) en weeg omtrent 150kg! Altans, ek skat dis hoeveel ek weeg, want my skaal is stukkend. Ek het die volgende gesondheidsprobleme: PCOS, hoë  bloeddruk (gebruik Pharmapress Co), insulienweerstandig (al jare gelede geadiagnoseer) en is in Mei vanjaar as tipe 2 diabeet gediagnoseer. So maand en half terug het ek besluit: tot hiertoe en nie verder nie en my eetplan drasties verander. Ek eet glad nie meer verfynde koolhidrate (brood, koekies, ens) nie en fokus op gesonder maaltye. Ek begin ook om ligte oefening te doen, maar is skrikkerig om op hierdie stadium te veel te oefen, want ek is so ongelooflik onfiks en my logge liggaam plaas baie stremming op my rug en knieë .

In hierdie tyd wat ek gesond eet, het ek nog baie min gewig afgeskud. As ek kyk na hoeveel oorgewig ek is en hoeveel ek eet (my maaltye pas op ''n kleinbordjie), moes ek al heelwat verloor het, maar ek het nie. Wat kan die probleem wees? Ek het byvoorbeeld die een dag ''n webtuiste ontdek waar jy al jou kos kan invoeg, dan werk dit uit hoeveel kalorieë  het jy ingeneem. Myne het uitgewerk op omtrent 1 000 kalorieë .

Dit is vir my regtig erg om te voel ek verloor nie gewig nie, maar eet so mooi! Wat meer moet ek doen? Ek wil nie allerande shakes en goed gebruik nie. Kan my metabolisme so stadig wees? Ek het so paar maande terug ''n paar bloedtoetse laat doen: my skildklier, nierfunksie en lewerfunksie is alles normaal. Met die veranderde eetwyses, kry ek dit wel reg om my bloedglukose vlak deur die dag binne normale perke te hou (onder 5.5. gelees 2 ure na ete), maar soggens is my suikervlak hoë r (enigiets van 6 tot 7). Tans gebruik ek nie medikasie vir die suiker nie, behalwe Manna Blood Sugar Support.

Ai, hoop Dokter het so bietjie advies. Op hierdie stadium het ek al gewonder of ek by ''n endokrinoloog moet aanklop.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Zenia
Ek dink dat jy reg is - gaan sien asb 'n endokrinoloog aangesien jy nou 'n tipe 2 diabeet is en op medikasie soos Glucophage behoort te wees andersins sal jou gewig net aanhou styg omdat jou hoë insulienvlakke vetopberging aanmoedig. Dit is ook absoluut gebiedend dat jy 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele lae-vet, lae-GI diabetiese dieet. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind Die dieetkundige sal jou moet help om gewoond te word aan die lae-vet, lae-GI dieet en hoe om dit toe te pas. Jy sal vind dat jy nie langer so min hoef te eet nie, maar dat jy met die regte dieet jou hele toestand kan verbeter en ook gewigsverlies kan aanhelp. As jy wel by die endokrinoloog is, moet jy asb vir hom/haar vra watter oefening jy mag doen en hoeveel. Dit is baie belangrik dat jy wel aktief word, MAAR dat jy jou nie beseer met oefening nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/10/18

Beste Zenia
Ek dink dat jy reg is - gaan sien asb 'n endokrinoloog aangesien jy nou 'n tipe 2 diabeet is en op medikasie soos Glucophage behoort te wees andersins sal jou gewig net aanhou styg omdat jou hoë insulienvlakke vetopberging aanmoedig. Dit is ook absoluut gebiedend dat jy 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele lae-vet, lae-GI diabetiese dieet. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind Die dieetkundige sal jou moet help om gewoond te word aan die lae-vet, lae-GI dieet en hoe om dit toe te pas. Jy sal vind dat jy nie langer so min hoef te eet nie, maar dat jy met die regte dieet jou hele toestand kan verbeter en ook gewigsverlies kan aanhelp. As jy wel by die endokrinoloog is, moet jy asb vir hom/haar vra watter oefening jy mag doen en hoeveel. Dit is baie belangrik dat jy wel aktief word, MAAR dat jy jou nie beseer met oefening nie.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement