advertisement
Question
Posted by: Annemarie | 2012/01/27

Vesel , protein en vrugte

Hallo doc Ingrid

Lank terug gesels. Hoop dit gaan goed.

Eerstens wil ek noem dat dit baie goed gaan met die gewigsverlies. Het die vlg items uitgeskakel vanaf begin Januarie: wyn, wegneem etes, te veel soetigheid. Sover het ek aan myself bewys dat dit we''ll moontlik is om 500 g tot n kilo n week te kan verloor. En dan doen ek ten minste 4 x n week n oefen dvd.

Vraag 1: ek het gehoor dat daar aanbeveel word dat saam met elke ete n protein geeet moet word en dat selfs vrugte saam met n protein geeet moet word en nie alleen nie. Hoe waar is dit en watter tipe protein kan ek saam my vrug eet?

Vraag 2: ek drink in die oggende n shake van Annique saam met laevet melk. Nou vandat ek dit drink en my cereal uitskakel is ek minder gereeld en soms hartlywig. Watter natuurlike vesel kan ek dalk by Dischem kry, wat nie vrot smaak nie. Is daar enige iets wat ek kan gebruik om ekstra vesel in te kry? Net nie die goed wat dik word en soos houtsaagsels smaak nie :)

Eva stuur groete :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annemarie
Dit is goed om weer van jou te hoor en ek is besonder verheug dat jy nou self besef dat mens wel gewig kan verloor met gereelde oefening en 'n dieet wat minder energie bevat. Ek dink ek behoort jou bydrae op hierdie Webwerf in groot rooi letters te publiseer sodat al die mense wat al daardie snaakse dinge aanvang in hul pogings tot gewigsverlies, dit kan lees. Sug. Die rede hoekom sommige persone aanbeveel dat jy met elke maaltyd 'n proteïen moet eet, is dat proteïenvoedsels almal 'n lae glisemiese indeks (GI) het en dus vir jou langer versadig laat voel. Die volgende kosse is ryk aan proteïene: vleis, vis, hoender, eiers, melk, jogurt, kaas, peulgroente. Dus sal melk of jogurt saam met 'n graankos by ontbyt, jogurt of maaskaas saam met 'n vrug, tunavis met slaai by middagete en maer vleis met groente in die aand, vir jou lank laat versadig voel en dus bydra tot die sukses van jou verslanking. Wat hardlywigheid aanbetref, kan jy of 'Fybogel' by die apteek koop en kyk hoe jy daarvan hou, of by jou gesondheidswinkel koringsemels ("wheat bran") koop en elke oggend dit in jou Annique skommel roer. Onthou net om die vesel geleidelik by jou dieet te voeg. Begin met 1 t per dag en vermeerder dit met 1 t per week totdat jy 'n maksimum van 2 eetlepels per dag inneem. Te vinnige insluiting van groot hoeveelhede dieetvesel kan jou baie ongemaklik laat voel (winde, krampe, selfs maagpyn).
Eva het natuurlik 'n appel gebruik vir haar dieet!
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/01/28

Beste Annemarie
Dit is goed om weer van jou te hoor en ek is besonder verheug dat jy nou self besef dat mens wel gewig kan verloor met gereelde oefening en 'n dieet wat minder energie bevat. Ek dink ek behoort jou bydrae op hierdie Webwerf in groot rooi letters te publiseer sodat al die mense wat al daardie snaakse dinge aanvang in hul pogings tot gewigsverlies, dit kan lees. Sug. Die rede hoekom sommige persone aanbeveel dat jy met elke maaltyd 'n proteïen moet eet, is dat proteïenvoedsels almal 'n lae glisemiese indeks (GI) het en dus vir jou langer versadig laat voel. Die volgende kosse is ryk aan proteïene: vleis, vis, hoender, eiers, melk, jogurt, kaas, peulgroente. Dus sal melk of jogurt saam met 'n graankos by ontbyt, jogurt of maaskaas saam met 'n vrug, tunavis met slaai by middagete en maer vleis met groente in die aand, vir jou lank laat versadig voel en dus bydra tot die sukses van jou verslanking. Wat hardlywigheid aanbetref, kan jy of 'Fybogel' by die apteek koop en kyk hoe jy daarvan hou, of by jou gesondheidswinkel koringsemels ("wheat bran") koop en elke oggend dit in jou Annique skommel roer. Onthou net om die vesel geleidelik by jou dieet te voeg. Begin met 1 t per dag en vermeerder dit met 1 t per week totdat jy 'n maksimum van 2 eetlepels per dag inneem. Te vinnige insluiting van groot hoeveelhede dieetvesel kan jou baie ongemaklik laat voel (winde, krampe, selfs maagpyn).
Eva het natuurlik 'n appel gebruik vir haar dieet!
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.